AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Ingryping in dieselrabatstelsel kan voedselinflasie demp

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die departement van minerale hulpbronne en energie het uiteindelik die brandstofpryse vir Junie aangekondig, asook dat die tydelike verligting op die brandstofheffing verleng word.

Spesifieke ingrypings in die dieselrabatstelsel is ’n volhoubare opsie om die impak van brandstofprysstygings op voedselinflasie te versag, sê mnr. Kulani Siweya, hoofekonoom van Agri SA.

Daar word reeds sedert die begin van die maand gewaarsku oor aansienlike stygings in brandstofpryse in Junie met skattings van tot R4 per liter vir sommige gebiede as verligting op die algemene brandstofheffing nie verleng word nie. Suid-Afrika het die week op hete kole gewag vir die departement van minerale hulpbronne en energie om aan te kondig wat die brandstofpryse vir Junie gaan wees, terwyl die internasionale prys vir ’n vat olie vandag deur die $122-merk gebreek het.

Siweya sê ’n styging van R4 sal ’n ernstige uitkringeffek op voedselsekerheid in Suid-Afrika hê. Daarom is dit noodsaaklik dat die regering alle lewensvatbare opsies moet oorweeg om die impak van kostedruk op voedselpryse te verlig. “Agri SA glo die verhoging van die dieselrabat aan die landbousektor sal die regering help om dit te doen. Dit is ook ’n meer volhoubare opsie gegewe die huidige druk op die fiskus.”

Die landbousektor het reeds die impak van stygende brandstofpryse aan sy sak gevoel. Brandstof is een van verskeie produksiemiddele waarvan die prys skerp gestyg het en verskeie bedrywe in die sektor onder aansienlike druk plaas. Terwyl boere min beheer het oor pryse buite die plaashek, ervaar verbruikers dié kostedruk in die vorm van hoër voedselpryse.

Siweya sê die behoefte aan verligting vir boere is veral dringend omdat verskeie bedrywe in die landbousektor –  onder meer somergrane en sitrus – nog oes, terwyl wintergewasse geplant word. “Dit maak hierdie kommoditeite gevoelig vir die huidige prysstyging en lig die behoefte uit aan toegespitste en volhoubare ingryping wat ’n demper op voedselpryse in die komende maande kan plaas.”

Hy voeg by die plaaslike landbousektor ontvang so te sê geen direkte steun by die staat in vergelyking met hul internasionale eweknieë nie. Die dieselrabat is ’n welkome maatreël wat die plaaslike bedrywe beskerm teen internasionale mededingers wat aansienlike subsidies en ander staatsteun geniet.

Siweya stel voor dat die persentasie brandstof waarvoor boere vir verligting van die padongelukfonds en brandstofheffing in aanmerking kom, verhoog word, of dat die persentasie verligting van die brandstofheffing verhoog moet word. Só ’n ingryping sal volgens hom die impak van brandstofprysstygings versag en boere se winsgewendheid verseker.

Die departement het vanmiddag aangekondig dat die tydelike verligting van R1,50 per liter op die brandstofheffing tot 5 Julie verleng sal word. Tot 2 Augustus sal die verligting tot 75c per liter verminder word.

Die nuutste verhogings in brandstofpryse wat vanaf 1 Junie geld, is:

  • 93 oktaan-petrol: R2,43 per liter duurder
  • 95 oktaan-petrol: R2,33 per liter duurder
  • Diesel met 0,05% swael: R1,10 per liter duurder
  • Diesel met 0,005% swael: R1,07 per liter duurder
  • Paraffien: R1,56 per liter duurder

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,805
+0.1%
Alle aandele
79,978
+0.2%
Hulpbronne 10
75,070
-0.1%
Industriële 25
102,781
+0.3%
Finansiële 15
16,589
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot