‘n Inligtingstoer vir boere wat belang stel om geleenthede in die landbou in Goergië te ondersoek, vind van 7 tot 11 November plaas.
Die TLU SA seê in ‘n nuusverklaring ingevolge die ooreenkoms tussen die Georgiese regering en die TLU SA vind dié amptelike toer plaas. Hul regering verskaf al die vervoer sowel as kundige persone wat tydens die toer die verskillende gebiede sowel as verskeie ander aspekte sal uitwys.
Mense wat wil saamgaan, betaal hul eie vliegtuigkaartjies sowel as hul hotelverblyf en etes. Toerlede wat langer sou wou bly, kan dit ook doen. Tydens die toer word ook besoek afgelê by die Suid-Afrikaanse boere wat vroeër vanjaar daar gaan boer het en reeds hulle eerste oeste ingesamel het.
In aanloop tot hierdie inligtingstoer sal 'n groep joernaliste van Suid-Afrika as gaste van die Georgiese regering saam met die TLU SA op 'n feitesending daarheen vertrek.
Vir navrae en besprekings kan 'n e-pos gestuur word na bennievz@gmail.com en sal volle besonderhede beskikbaar gestel word of skakel met Bennie van Zyl by 082 466 470. Geen visums word benodig nie.
6 Oktober 2011