AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Inmaakseisoen wink met goeie oes, maar steeds vrae oor fabriek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad argief
Foto: Landbouweekblad argief
Terwyl nog gespook word om ’n nuwe eienaar vir Suid-Afrika se grootste inmaakfabriek te vind, dra appelkoos-, perske- en peerbome swaar aan vrugte wat op ’n belowende jaar vir inmaakvrugte dui.

“Alle aanduidings is dat die 2022-’23-oesjaar weer ’n goeie produksieseisoen gaan wees. Ons vertrou dat die weer en markte sal saamspeel om Suid-Afrika se spesiale gehaltevrugte aan verbruikers te voorsien,” sê mnr. Jacques Jordaan, uitvoerende hoof van die Inmaakprodusentevereniging (IPV).

Hoewel die mark stabiel blyk te wees, hou die bedryf duim vas dat Oosterse ekonomieë, wat premies betaal vir Suid-Afrikaanse vrugte, gou weer op die been kom ná die covid-19-skokke.

“Niemand kan by Suid-Afrika kers vashou wat gehalte betref nie. Die mark behoort daarom stabiel te wees as ons dit reg bemark. Pryse was verlede jaar baie goed, maar het vanjaar ’n bietjie teruggesak ná die Griekse oes.”

Volgens Jordaan knou stygende produksiekoste wêreldwyd die inmaakbedryf se kontantvloei.

“Dis ’n groot probleem wat boere én verwerkers voel. My raad is: Moenie vergeet wat jou sterk gemaak het in die verlede nie, konsentreer op ’n gehalteproduk en speel slim. Daar is nie tyd vir foute maak nie.”

Die oes sal oudergewoonte deur Langeberg & Ashton Foods (L&AF) en die Rhodes Food Group verwerk word. Die toekoms van L&AF, die grootste inmaker, is nog onseker nadat Tiger Brands dit in die mark gesit en aangedui het die maatskappy gaan nie voort met bedrywighede by L&AF ná die komende seisoen nie.

“Gesprekke gaan op ’n daaglikse basis voort. ’n Produsentegroep het geld op die tafel gesit, maar hulle soek nog na die regte vennoot om die fabriek volhoubaar vorentoe te vat. Almal wil klarigheid hê, maar groot geld is ter sprake. ’n Mens moet dit versigtig benader,” sê Jordaan.

Genoeg water in damme

Die aanloop van die oes het minder winterreën en sneeu opgelewer, maar damme behoort genoeg water te kan oplewer om die oes deur te trek. Daar was ook genoeg winterkoue om in die bome se behoeftes te voorsien.

“Die grootste probleem is by Ceres. Die sneeu was min en die reënval heelwat minder as die langtermyngemiddelde. Ons moet sien of daar genoeg water gaan wees aan die einde van die seisoen om die oeste ryp te maak.”

Appelkose

Die tekens is daar dat Bulida-appelkose vir die derde jaar agtereenvolgens ’n goeie oes gaan oplewer. Die bedryf skat hy gaan sowat 29 242 ton appelkose oes.

“Appelkoosbome het vanjaar effens vroeër geblom. Die weer was egter gunstig gedurende blomtyd en almal is dit eens dat vrugset goed was,” sê Jordaan.

Daar is ook voldoende water in Robertson en die Klein-Karoo om die belowende oes ryp te maak.

Verlede jaar het appelkoosboere gebuk gegaan onder logistieke en markprobleme. Heelwat vars en droogappelkose is uiteindelik aan die pureemark gelewer, wat mededingende pryse gebied het.

Perskes

Die onsekerheid in die inmaakbedryf weens die dreigemente om L&AF te sluit, het sy tol geëis in die taaipitperskebedryf. Jordaan sê heelwat perskeboorde is uitgekap, maar hulle verwag steeds om 153 777 ton te oes.

“Dis egter ’n neiging wat al ’n paar jaar voorkom, maar ten spyte daarvan bly die produksie bestendig. Alle aanduidings is dat die komende seisoen weer goeie produksie gaan lewer.”

Perskeboere staal hulself vir hoë uitdunkoste weens die goeie oeslading.

In die Ceres-omgewing is perskeboere bekommerd oor die beskikbaarheid van water, veral vir later kultivars.

Pere

Daar heers optimisme oor die Bon Chretien-peeroes, wat nie weer, soos verlede jaar in die gebiede by Ceres, onder ryp deurgeloop het tydens blomtyd nie. Die totale oes word op 96 404 ton geskat.

“Dis nog te vroeg om ’n voorspelling vir die vroeë pere te waag, maar kernvrugte lyk oor die algemeen goed. In sekere areas lyk dit asof die bome 5-10% ligter dra as verlede jaar,” sê Jordaan.

Peerprodusente is egter op hul hoede vir die komende seisoen. Die vorige jaar het logistieke struikelblokke en die sluiting van die Russsiese mark dié bedryf erg geknou. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot