AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Insekte 'n gesogte maaltyd in Limpopo

Eetbare insekte lewer 'n bydrae tot voedselsekerheid, daarom is daar 'n behoefte om insekbiodiversiteit te bewaar.

Insekte is koningskos in dorpies in die Blouberggebied van Limpopo waar inwoners nog ’n tradisionele leefwyse volg, maar daar is kommer oor dalende insekgetalle, sê me. Bronwyn Egan van die departement biodiversiteit aan die Universiteit van Limpopo.

Tradisie, die lekker smaak van insekte en die feit dat dit boonop gratis is, is die drie belangrikste redes waarom mense daar insekte eet. Die studie wat Egan en navorsers van die Ditsong-museum vir natuurgeskiedenis in Pretoria en die sentrum vir omgewingswetenskap en -bestuur by Noordwes-Universiteit op dié dorpies gedoen het, toon ook dat 97% van die inwoners insekte eet, dog 78% van hulle meen dat die praktyk afneem. Net meer as 80% van hulle beskou dit as ’n voedsame voedselbron, terwyl 69% van hulle reken dit smaak lekkerder as vleis.

Inligting wat deur groepbesprekings, onderhoude, waarneming en huishoudelike opnames ingesamel is, toon dat die mense van die Blouberggebied gemiddeld vier koppies insekte per huishouding per week eet.

Volksname
Egan het in Desember op ’n biodiversiteitskonferensie by die Universiteit van Kaapstad gesê meer as 29 verskillende inseksoorte word geëet en plaaslike inwoners ken hulle by 90 verskillende volksname. Van die 30 bekende insekordes, eet Blouberginwoners vyf, naamlik Isoptera (termiete), Regvleueliges (sprinkane en krieke), Skildvlerkiges (kewers), Vliesvlerkiges (miere) en Skudvlerkiges (skoenlappers en motte). Hul groot gunstelinge is juweelkewers, sprinkane, krieke en sekere miere.

Insekte word in weidings en lande versamel. Meer as ’n derde van die inwoners van die gebied meen insekgetalle neem af vanweë laer reënval. Meer as 80% van die inwoners het gesê hulle sal ontsteld wees as daar nie meer insekte is nie. Meer as twee derdes van hulle koop en verkoop eetbare insekte, terwyl die ander derde ontevrede is met die gedagte dat insekte gekoop en verkoop kan word omdat hulle voel dit moet ’n gratis voedselbron vir almal bly.

Daar is ook mense wat nie meer insekte eet nie omdat daar minder insekte is en dit nou moeiliker en meer tydrowend is om dit te versamel. Daarbenewens het mense se smaak en kultuur verander en verkies hulle nou meer “Westerse” kos. Die navorsing toon dat arm mense meer insekte eet en ook meer inseksoorte ken as mense met ’n hoër inkomste.

Egan en haar mede-navorsers kom tot die gevolgtrekking dat aangesien eetbare insekte ’n bydrae tot voedselsekerheid lewer, is daar ’n behoefte om insekbiodiversiteit, maar ook die inheemse kennis daaroor, te bewaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
-0.9%
Rand - Pond
19.96
+0.9%
Rand - Euro
17.59
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,708.79
-0.4%
Silwer
20.45
-0.9%
Palladium
2,277.50
+0.9%
Platinum
924.90
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot