AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Inspirerende rissieboer is Jongboer van die Jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Hannes Wolvaardt, Toyota SA en Agri SA se Jongboer van die Jaar saam met sy skoonsuster, Joelene, en broer Riaan Wolvaardt. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Mnr. Hannes Wolvaardt, Toyota SA en Agri SA se Jongboer van die Jaar saam met sy skoonsuster, Joelene, en broer Riaan Wolvaardt. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Mnr. Hannes Wolvaardt van Giyani, wat vanjaar die tweede keer aangewys is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar, het die nasionale toekenning ingepalm.

Wolvaardt het die provinsiale kompetisie ook in 2018 gewen. Wolvaardt en sy broer, Riaan, het in 2011 begin boer met 3 ha groen soetrissies. Teen 2022 het die Wolvaardt Boerdery gegroei tot ’n boerderybesigheid van 30 ha groen soetrissies in gespesialiseerde nethuise, 26 ha tamaties en 42 ha sitrus.

Wolvaardt het tydens vanaand se geleentheid in Johannesburg gesê om dié suksesvolle boerdery te kon opbou was 'n grootse familiepoging. "Dit het ons almal as familie geneem om die boerdery op te bou, myself, my vrou Caela, my broer Riaan en my skoonsuster Joelene." 

Oor wat volgende vir die boerdery voorlê, sê Wolvaardt hulle wil graag op dit wat reeds gevestig is voortbou ten einde 'n beter toekoms te skep. "Die groot droom is om te verbeter op wat ons nou doen. As die Here ons seën, sal dit net van krag tot krag gaan. Daar is 'n lang termyn doelwit vir ons boerdery, nie net vir ons nie, maar om 'n verskil in ons gemeenskap te maak."

Me. Deidré Carter, Agri Limpopo se uitvoerende hoof, het tydens Agri Limpopo se prysoorhandiging vroeër vanjaar oor Wolvaardt gesê: “Wolvaardt is ’n ware entrepreneur wat sy mensebestuursvaardighede en boerderyprosesse verbeter deur innovasie en tegnologie wat verseker dat die Wolvaardt Boerdery ’n welbekende, topgehalte handelsmerk is op die varsproduktemark en by kleinhandelaars.”

Sy het gesê hoewel dit ongewoon is, is dit nie die eerste keer dat ’n jongboer ’n provinsiale kompetisie twee keer wen nie. “Agri Letaba het besluit om Hannes weer te benoem en in die beoordelingsproses was hy loshande die wenner.”

Hannes Wolvaardt
Mnr. Hannes Wolvaardt van Limpopo is die Toyota SA en Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar. Hier staan hy by (van links) mnre. Leon Theron, ondervoorsitter: verkope en bemarking by Toyota SA, mnr. Jaco Minnaar, voorsitter Agri SA, Wolvaardt, en prof. Carlu van der Westhuizen, sameroeper van die paneel beoordelaars. Foto: Gerrit Bezuidenhout

Wolvaardt se reis om te boer het ons lesers aangegryp. Hy het met 'n studentekar op 3 ha huurgrond begin boer. Lees die artikel uit 2018 hier.

Vanjaar het Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) ’n nuwe afdeling in die jaarlikse kompetisie aangekondig. Die afdeling, Kommunale Boerderyvereniging van die Jaar, het ten doel om die kollig te plaas op die rol wat kommunale boerdery in die verligting van armoede speel, terwyl dit volhoubare boerderypraktyke bevorder. Vanjaar se wenners, Vooruitkyk Cooperative, bestaan uit 28 lede wat met skape en bokke naby Klein-Nourivier in die Noord-Kaap boer. Die groep wen finansiële bystand ter waarde van R150 000 om hul boerdery verder te verbeter.

Die mededinging om die New Harvest of the Year-toekenning was vanjaar ook besonder sterk en hier het mnr. Vunile Mzinzi van die Oos-Kaap met die louere weggestap. Mzinzi, ’n apteker wat aan die Universiteit van Wes-Kaapland gestudeer het, boer onder meer met mielies, sojabone en beeste in die Mount Frere-omgewing. Tydens sy bedankingstoespraak het Mzinzi sy liefde vir die landbou benadruk. “Ek het ’n groot liefde vir die landbou en ek hoop om deur my voorbeeld die ander boere in my omgewing aan te spoor.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.26
+1.6%
Rand - Pond
21.18
+0.7%
Rand - Euro
18.22
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.73
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Goud
1,794.56
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.44
+0.8%
Platinum
1,024.50
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,230
+1.5%
Alle aandele
75,386
+1.4%
Hulpbronne 10
75,165
+1.6%
Industriële 25
92,447
+0.9%
Finansiële 15
15,819
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot