China het van verlede Oktober tot September vanjaar sy vorige rekord vir die invoer van voergraan verdubbel. Dié syfer het 50,2 miljoen ton bereik. Die vorige rekord is in die 2014-’15-bemarkingsjaar opgestel.
Die land het nuwe rekords opgestel vir die invoer van koring en gars, en die naasgrootste volume sorghum in die geskiedenis ingevoer. Wat mielies betref, het 69% van die graan uit Amerika gekom en 29% uit die Oekraïne.
Amerika het ook die meeste van die sorghum voorsien, 77%, en Argentinië 14%; Kanada het 29% van die gars voorsien, en Frankryk en die Oekraïne elk 26%.