Monsanto het in Desember skuld erken op 30 aanklagte wat verband hou met die gebruik van ’n plaagdoder, Forfeit 280, in Hawaise mielielande, asook die gebruik van ’n verbode plaagdoder op sy proefaanplantings in Maui.
Ná Forfeit 280 in 2020 op mielielande toegedien is, is werkers toegelaat om die lande te betree tydens die ses dae wagtyd waartydens toegang tot die lande beperk moes word.
Monsanto, wat deur Bayer oorgeneem is, het op 30 geleenthede werkers toegelaat om die lande tydens die wagtyd binne te gaan. Die maatskappy sal ’n boete van $12 miljoen (R192 miljoen) betaal en ’n drie jaar lange program volg om voldoening aan omgewingsregulasies te verbeter.