Aanhoudende besmetting van herfskommandowurm van mielielande in die Atherton Tablelands-streek het sommige boere laat oorweeg om oor te slaan na ander gewasse.
Op die plaas van mnr. Jason Lea was ál die aanplantings besmet. Hy sê sonder staatshulp of ’n ander manier van hulp sal hulle geen ander keuse hê as om op te hou mielies plant nie.
Dit is die tweede opeenvolgende jaar dat die wurms hulle teister, en plaagbestryding is bitter duur. Lea se buurman oorweeg om sy mielielande in weiding te omskep en slegs met beeste te boer. Daar is kommer dat mielieverbouing op lang termyn kan afneem en lei tot tekorte in veevoer- en ander markte.