In die week wat die Amerikaanse departement van landbou alle avokado-invoer uit Mexiko opgeskort het weens ’n anonieme dreigement teenoor een van sy inspekteurs in Mexiko, reken die vereniging van avokadoprodusente, verpakkers en uitvoerders van Mexiko (Apeam) dat die avokado-waardeketting in Amerika sowat $120 miljoen (sowat R1 829 miljoen) verliese gely het.
Dit sluit in groothandelaars, kleinhandelaars en spyseniers landwyd. Daarby was avokadopryse reeds 29% hoër as ’n jaar vantevore toe die verbod afgekondig is.
Daar is verwag dat die bottelnek tot ’n kortstondige verdere styging in pryse sou lei voordat die pryse weer sou normaliseer namate voorraadvlakke en die voorsieningsketting weer stabiliseer.