Die uitvoervraag vir Indiese koring, mielies en speserye het die hoogte in geskiet ná Rusland se inval in Oekraïne handel uit dié twee landboureuse tot stilstand gedwing het.
Mnr. Sanjay Puri, voormalige voorsitter van die Indiese meulenaarsvereniging, het op 2 Februarie gesê pryse vir koring by die Kandlahawe het binne vier dae met 9% gestyg tot sowat 2 400 rupees (R491) per 100 kg.
Daar is verwag dat pryse sedertdien verder sou styg. Die volgende koringoes word eers ná 13 April gelewer. Handelaars wil hê Indië moet méér koring uitvoer om voordeel te trek uit die hoër internasionale pryse.