Die National Pig Association het ’n pleidooi aan kleinhandelaars gelewer om hul kooppryse vir varkvleis te verhoog om die bedryf van ondergang te red. Dit volg ná voerpryse binne ’n week met 50% gestyg het weens die Russiese inval van Oekraïne. Me. Victoria Prentis, die minister van landbou, het ’n hersiening van regverdigheid in die varkvleis-voorsieningsketting van stapel gestuur. Me. Kate M
organ, ’n varkboer van Yorkshire, het gesê voer maak 70% van hul produksiekoste uit. Sy kry £1,38 (R27,29) per kilogram varkvleis, maar produksiekoste met die hoër voerpryse is meer as £2 (sowat R40) per kilogram.
Die bedryf het reeds vanjaar ’n terugslag beleef ná 40 000 varke van kant gemaak en “weggegooi” moes word omdat daar nie genoeg slagters beskikbaar was om hulle te verwerk nie.