Die Amerikaanse vleisuitvoerfederasie het sy teenkanting uitgespreek oor voornemens van die Europese Unie om alle ingevoerde kos onderhewig te maak aan dieselfde produksievereistes as kos wat binne die unie geproduseer word.
Die meeste van die EU se invoer van landbouprodukte kom van Argentinië, Brasilië, China, Switserland, Turkye, Indonesië, Oekraïne, Ivoorkus en Amerika.
Me. Cheyenne McEndaffer, woordvoerder van die Amerikaanse vleisuitvoerfederasie, sê dit sou strydig met reëls van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) wees om sulke standaarde aan invoerlande op te lê sonder dat “baie duidelike, gedefinieerde risiko’s vir mens en dier” bewys word.