Die voedselreguleerders van Nieu-Seeland en Australië (FSANZ)het ingevoerde koringprodukte wat met ’n geneties gemodifiseerde kultivar geproduseer is, goedgekeur vir menslike gebruik.
Nie een van dié twee lande laat tans sy boere toe om die betrokke kultivar, wat deur Argentinië se Bioceres Crop Solutions ontwikkel is, te verbou nie. Die kultivar is ontwikkel om teen droogte en die onkruiddoder glifosaat verdraagsaam te wees.
In sy goedkeuringsverslag noem FSANZ dat Bioceres-koring se opbrengs 20% hoër is as konvensionele koring in tye van waterstres, en Grain Producers South Australia sê GM koring het die potensiaal om volhoubaarheid en winsgewendheid te verhoog.