Nagenoeg 14 Amerikaanse familieboerderye is deel van ’n koalisie landboubesighede en ander maatskappye genaamd Regenerate America wat aanvoer dat herlewingslandbou behoorlik gefinansier moet word in die volgende Farm Bill.
Dit is ’n begroting van $1 biljoen wat deur die Amerikaanse kongres bewillig word en wat elke vyf jaar heronderhandel word. Die koalisie se motivering is weens groeiende grondtekorte, waterbesoedeling, klimaatsverandering, verlies aan biodiversiteit en boereskuld.
Die wetsontwerp se geld word onder meer bewillig vir voeding, bewaring, oesversekering en landelike ontwikkeling. Van die ander deelnemers in die koalisie is Applegate, Ben & Jerry’s, Timberland en The North Face.