Die Amerikaanse departement van justisie het kapsie gemaak teen Bayer se versoek aan die hoogste hof van Amerika om ’n beslissing dat die glifosaatgebaseerde onkruiddoder Roundup kanker veroorsaak, te hersien.
Bayer voer aan dat die federale appèlhof wat die bevinding gemaak het, foute begaan het in sy beslissing, onder meer omdat kundige getuienis wat in die aanvanklike verhoor toegelaat is, nie voldoen het aan federale standaarde nie.
Die eiser in die saak het nie-Hodgkins-limfoom opgedoen ná hy dekades lank met Roundup gewerk het.