Australië loop tans deur onder reusestygings in groente- en vrugtepryse. Op sosiale media het mense gekla omdat hulle tot AU$12 (R133) vir ’n blaarslaai en meer as AU$25 (R277) vir ’n waatlemoen moet betaal.
Volgens die landboubeleidsentrum Abares is die prysstygings hoofsaaklik weens klimaatverwante faktore, veral vloede, en volgehoue ontwrigtings in die waardeketting in die nadraai van covid-19.
Die restaurantketting KFC het ook besluit om die blaarslaai op sy hoenderburgers te vervang met ’n mengsel van blaarslaai en kool ná vloede vroeër vanjaar die meeste van die blaarslaai-oes aan die ooskus vernietig het.