Die Chinese nasionale gewaskultivar-goedkeuringskomitee het onlangs twee standaarde vrygestel wat die weg baan vir die kommersialisering en verbouing van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse in China. Die land se landbouministerie het ook gesê China wil meer GM gewasse goedkeur.
China voer reeds GM graan in, maar verbou dit nie self nie. Volgens mnr. Wandile Sihlobo, Agbiz-ekonoom, kan dié ontwikkeling en gevolglike hoër opbrengste in China op lang termyn groter mededinging vir veral Suid-Afrikaanse mielie-uitvoer bring, veral na sleutel- Oosterse markte, soos Suid-Korea, Japan, Taiwan en Viëtnam.
Teen druktyd is verwag dat pres. Joe Biden die Ocean Shipping Reform Act sou onderteken, wat dit moeiliker maak vir die skeepsvragbedryf om reusagtige prysstygings af te dwing.