Die mieliegordel het in die tweede week van Junie (tot 18 Junie) van die warmste temperature op rekord beleef – die naaswarmste en negende droogste in meer as 30 jaar, met nóg warmer en droër weer op pad. Kommer heers oor hoe laer grondvogvlakke die ontwikkeling van mielies kan beïnvloed.
Warm weer het ook die dood van duisende beeste in Kansas veroorsaak. Nagenoeg 80% van Texas ervaar ook op die oomblik droogtetoestande, en 140 distrikte daar het ’n verbod op oop vure ingestel. Bedryfsleiers meen dit is gelykstaande aan of erger as 2011 se verwoestende droogte.
Te midde van die langste uitbreking nóg van hoogs aansteeklike voëlgriep in Brittanje en elders in Europa het wetenskaplikes van agt vooraanstaande Britse laboratoriums begin saamwerk om nuwe metodes te ontwikkel om dié siekte te bestry.