Die beperkte aantal beskikbare seisoenvisums vir oorsese werkers kan lei tot ’n inkrimping in die tuinbousektor en selfs plase laat bankrot speel. ’n Opname onder lede van die British Berry Growers het gevind die waarde van bessies wat weens ’n gebrek aan plukkers verlore gegaan het, het amper verdubbel van 2020 tot 2021, van £18,7 miljoen (R375 miljoen) tot £36,5 miljoen (R734 miljoen).
Mnr. Nick Marston, voorsitter van dié groep, voorspel dat dit vanjaar wéér kan verdubbel. Vanjaar word 38 000 seisoenvisums vir tuinbouwerkers uitgereik. Die National Farmers Union bereken dat 70 000 nodig is.
Indonesiese boere verkoop nou onverwerkte palmvrugte aan Maleisiese kopers omdat die uitvoermark sukkel om op dreef te kom ná ’n uitvoerverbod op palmolie wat van die Russiese inval van Oekraïne tot in Mei geduur het.