Ná een van die droogste en warmste lentes is die Franse oesskatting vir sagte koring met 7% verminder tot 32,9 miljoen ton, minder as die vyfjaargemiddelde.
Weens dié klein oes kan daar minder koring vir uitvoer beskikbaar wees, in ’n seisoen wat meer invoerders hulle tot Frankryk sal wil wend weens die konflik in Oekraïne.
Hoewel die belangrikste termynkontrakte gedaal het sedert ’n hoogtepunt in Maart, bly dit op ’n geskiedkundige hoogtepunt. Die EU verwag sagtekoring-uitvoer kan in die huidige seisoen met 27% styg tot 38 miljoen ton, wat die streek se reserwes sal uitput.