Corteva Agriscience het Bayer CropScience en Monsanto hof toe gevat vir beweerde skending van sy gepatenteerde AAD-1-onkruiddoderweerstandige tegnologie. Die AAD-1-geen is deel van sy Enlist-onkruidbestrydingstelsel en sluit onkruiddoders en kenmerke in wat in sy mielie-, soja- en katoensaad gebruik word.
Die maatskappy het die aankondiging gemaak in ’n kort verklaring wat op 15 Augustus uitgereik is, en het nie verdere besonderhede gegee van die aard van die skending nie.
Die maatskappy sê hy belê jaarliks meer as $1 miljard in navorsing en ontwikkeling wat boere help om opbrengste te verhoog, en gewasse te beskerm teen vernietigende plae. Hy sal sy intellektuele eiendom verdedig om dié broodnodige tegnologie aan boere te bring.