Die Amerikaanse departement van landbou verwag dat die mielievoorraad aan die einde van die huidige bemarkingsjaar die laagste vlak in tien jaar sal bereik. Die verwagte 30,9 miljard ton is 12% laer as die 35,2 miljard ton van die vorige jaar.
Sojavoorraad sal na verwagting op ’n sewejaar-laagtepunt wees teen 5,4 miljard ton. Daar is wyd gehoop dat ’n groot Amerikaanse oes dié seisoen sou kon vergoed vir verlaagde uitvoer uit Oekraïne weens die Russiese inval.
Die departement sê egter in sy maandelikse skatting ’n mielie-oes van 354,2 miljard ton word verwag, wat Amerika se kleinste oes in drie jaar sal wees.