AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Internasionale meester proe by Veritas

Een van die wêreld se voorste wynkundiges help om die 1 732 wyne en brandewyne vir die Veritas-toekennings te beoordeel.

Een van die wêreld se mees gesaghebbende wynkundiges en die eerste Suid Afrikaanse voorsitter van die internasionale Institute of Masters of Wine, me. Lynne Sheriff, is een van die Veritas-beoordelaars.

Vanaf 13 tot 20 September word 1 732 wyne en brandewyne by die Nederburg Veilingskompleks in die Paarl beoordeel vir ‘n handjievol dubbelgoud en goue Veritas-medaljes.

Sheriff, ‘n Suid-Afrikaanse wynkonsultant wat in Brittanje woon, het pas die leisels oorgeneem as leier van dié prominente wynorganisasie met sy hoofkantoor in Engeland. Sy is lid van die panele wat die Shiraz en Méthode Cap Classique wyne te beoordeel.

Die Veritas-toekennings vier vanjaar ‘n besonderse mylpaal, naamlik twee dekades as die land se voorste kompetisie vir kwaliteit markklaar wyne. Brandewyn is nou ook deel van die Veritas-toekennings en 40 top brandewyne is vanjaar ingeskryf.

Meeste inskrywings is Shiraz

Shiraz, met nie minder nie as 206 inskrywings is ‘n kortkop voor Sauvignon Blanc met 196 inskrywings. Ander rooi kultivars soos Cabernet Sauvignon (149) en Pinotage (126) volg kort op hul hakke.

Die beoordelingspanele bestaan uit sewe beoordelaars uit die geledere van plaaslike wynmakers, navorsers, akademici, Kaapse wynmeesters, wynjoernaliste en -konsultante, en word aangevul deur die kundigheid en ervaring van die vyf internasionale wynkenners. Die jaarlikse insluiting van internasionale kundiges het ten doel om te verseker dat die beoordelingsproses en uitslae onpartydig is en internasionaal erken word.

Die res van die buitelandse span bestaan uit Thomas Lüber van Duitsland, die Australies-gebore wynmaker Richard Rowe en die Franse brandewynkenner, Denis Lahouratate. Dave Hughes, ‘n plaaslike veteraan-beoordelaar en stigter van die Kaapse Wynakademie, dien as leier van verskeie proe-panele.

Brandewyn ingeskryf

Die 40 brandewyninskrywings is inderdaad in goeie hande met Denis Lahouratate en Dave Hughes aan die hoof van die beoordeling.

Duimpie Bayly, die Veritas-voorsitter, verduidelik dat tien wyne op ‘n keer ‘blind’ geproe word. “Individuele beoordelaars ken punte toe gebaseer op ‘n internasionale 20-punt skaal, waarná hierdie punte bespreek en konsensus bereik word,” sê hy. “Dubbelgoud word toegeken aan ‘n wyn wat 18 en meer punte kry, terwyl 17 punte nodig is vir die goue Veritas simbool. ‘n Silwer plakker pryk op wyne met 16 punte en brons op dié met 15 punte.

Vanjaar se gunstelinge word op 8 Oktober tydens ‘n glansdinee, geborg deur Agri-Expo, by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) bekend gemaak.

Volledige inligting oor die verskeie publieke proeë van die dubbelgoud en goud medalje wenners wat landwyd gehou word is beskikbaar op die webtuiste www.veritas.co.za.

14 September 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot