AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Intimidasie in De Doorns skok DA

Plaaswerkers in De Doorns word gedreig dat hul huise afgebrand of hul vroue verkrag sal word as hulle gaan werk.

Intimidasie “is in volle swang” in De Doorns teenoor plaaswerkers in ’n poging om hulle te keer om te gaan werk, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Me. Annette Steyn, partywoordvoerder vir landbou-aangeleenthede, sê sy het Maandag en Dinsdag, 12 en 13 November 2012, deur die dorp en informele nedersettings beweeg en sy was geskok oor wat sy gesien het.

“Cosatu-organiseerders het op straathoeke gestaan en werkers vertel dat hulle huise gebrand of dat hul vroue verkrag sal word as hulle gaan werk,” aldus Steyn. “Van die intimideerders het werkers ook gedwing om brand te stig deur agter hulle te loop en hulle te dreig dat hulle huise afgebrand sal word mits hulle dit nie doen nie.”

Volgens Steyn is dit duidelik dat die “staking” polities gemotiveerd is. Sy sê dit is die mees onlangse uitvoering van die ANC se “Project Reclaim” waarvolgens die Wes-Kaap nie-regeerbaar gemaak word. “Dit is geen toeval dat Marius Fransman as ’n sentrale figuur in die De Doorns-onrus begin uitstaan het nie.”

Oneerlik, meen Ehrenreich
Intussen sê mnr. Tony Ehrenreich, sekretaris-generaal van Cosatu in die Wes-Kaap, die DA “is oneerlik. Ek is nie bewus van dit (die dreigemente en intimidasie) nie, en ek glo nie die DA nie.”

Ehrenreich sê hulle veroordeel alle voorvalle van geweld, maar hy het in dieselfde sin aan Landbou.com gevra hoekom daar nie ’n reuse-ophef gemaak is oor die boer wat op betogers geskiet het nie.

Ná vrae aan hom oor bewerings dat die boer in die grond geskiet het om betogers te verhoed om sy wingerd aan die brand te steek, en of hy al met me. Milderd Oliphant, Minister van Arbeid - wat verantwoordelik is vir die bepaling van minimum lone vir plaaswerkers - oor die kwessie gepraat het, het hy die gesprek kortgeknip en die telefoon afgeskakel.

Minister praat met werkers
Intussen spreek me. Tina Joemat-Petersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Dinsdagmiddag werkers by die sportgronde op De Doorns toe oor die onderhandelinge en besluite van die afgelope paar dae.

Een van die voorstelle is dat ’n komitee op die been gebring moet word om die werkstoestande van plaaswerkers te ondersoek. Die DA steun dié voorstel ten volle, want alles moontlik moet gedoen word om plaaswerkers se geleenthede uit te brei.

Betogers op Ceres loop deur
Intussen het die Polisie rubberkoeëls en donderbuise gebruik om sowat 1000 betogers in Nduli, naby Ceres, uitmekaar te jaag. Me. Johnneri Mouton, hoofsweep van ANC in die Witzenberg-distrik, was geskok oor dié optrede, en sy het aan Landbouweekblad gesê sy steun betogings teen “onderbetaling van plaaswerkers deur boere”. Volgens haar het sy bewyse hiervan, maar sy kon dit nie aan Landbouweekblad verskaf nie.

Op die vraag of dit regverdig is dat alle boere oor dieselfde kam geskeer word, het sy geantwoord: “Nee, ek is jammer daaroor. Hier is ‘n klomp boere in hierdie area wat baie mooi na hulle  mense kyk, wat geld belê in die opleiding van hulle mense en hulle mense baie goed betaal. Ek voel dit is daardie boere se verantwoordelikheid om die boere wat dit nie doen nie, aan te spreek.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.06
-0.6%
Rand - Pond
19.52
-0.7%
Rand - Euro
17.43
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,642.33
-0.1%
Silwer
18.73
-0.7%
Palladium
2,071.72
-0.1%
Platinum
861.00
+0.3%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,509
-1.1%
Alle aandele
62,762
-1.0%
Hulpbronne 10
55,229
-1.9%
Industriële 25
78,419
-0.0%
Finansiële 15
13,861
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot