AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Invoer en droogte kasty hoenderbedryf

Die hoeveelheid hoender wat in Maart 2016 ingevoer is, was die meeste ooit en gelykstaande aan 51% van plaaslike produksie.

Die pluimveeprodusent Astral het teen die agtergrond van stygende invoere asook drastiese stygings in voerkoste sy halfjaarresultate tot einde Maart vanjaar bekend gemaak. Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof, het gesê invoer is 'n groot bron van kommer. Altesame 57 673 ton hoender is in Maart ingevoer.

Amerikaanse hoender het Suid-Afrika vanjaar sonder teenstortingstariewe begin binnekom en Schutte sê hoewel min inligting nog beskikbaar is, lyk dit asof dit bykomend tot invoer uit die Europese Unie (EU) is, en nie noodwendig EU-invoer vervang omdat dit goedkoper is nie.

Die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie (Itac) het in Februarie met 'n ondersoek vir die instel van beveiligingsmaatreëls teen EU-invoer begin, maar dit is onwaarskynlik dat enige moontlike maatreëls voor Oktober vanjaar ingestel kan word.

Hoender

Verkope in Astral se hoenderafdeling het in die ses maande tot einde Maart met 4,4% gedaal omdat verbruikers swaar kry, het Schutte gesê. Dit het tot die opbou van voorraad gelei.

Die wanbalans in vraag en aanbod het weer daartoe gelei dat verkoopspryse met net 1,5% gestyg het. Terselfdertyd het dit baie duurder geword om hoender te produseer weens die droogte en gevolglike hoër graanpryse (voerkoste het met 13,9% gestyg), asook die swak rand.

Bedryfswins in die pluimvee-afeling is 45% laer as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar. Produksie is met sowat 2% gesny. Schutte het gesê die maatskappy het wel beter gedoen as in vorige moeilike tye.

Astral as geheel se inkomste in die ses maande was 1% hoër, maar sy bedryfswins en verdienste per aandeel het met 22% geval en sy wesensverdienste per aandeel met 23%.

Voer

Astral se voerafdeling se prestasie het vergoed vir moeilike tye in die hoenderafdeling. Inkomste met 17% gestyg, verkoopsvolume was 1% hoër en die gemiddelde verkoopsprys het met 16% gestyg.

Pekel

Schutte sê die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) gaan beslis stappe doen oor die Regering se nuwe perk op die toevoeging van pekelwater tot hoenderstukke, waarskynlik in die vorm van 'n hofsaak. “Die regulasies is onwettig en verkeerd, want die hoeveelheid wat ingespuit word, kan nie gemeet word nie.”

Astral is intussen besig om sy aanbod van produkte te verander om sy kitsbevrore stukke (in Engels bekend as IQF) te verminder en meer vars vleis te produseer. IQF was eens sowat 63% van sy produksie, maar was in die verslagdoeningstydperk 55%.

Afrika

Astral se bedrywighede in Zambië en Mosambiek het glad nie goeie opbrengs gelewer nie, weens onder meer swak geldeenhede, hoë dieselkoste weens voortdurende kragonderbrekings, en probleme om geld uit Mosambiek te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.76
-0.7%
Rand - Pond
20.17
+0.3%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.67
-0.5%
Silwer
20.71
-1.7%
Palladium
2,256.50
-2.8%
Platinum
924.50
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot