AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9646,8
167,80
CORN
27 Jan
-
4639
67,00
SOYA
27 Jan
-
9560
78,00
SUNS
27 Jan
-
11500
-212,00
WEAT
27 Jan
-
6659,8
96,80
WMAZ
27 Jan
-
4530
-20,00
YMAZ
27 Jan
-
4540
16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Invoer en uitvoer van suiwel styg

Die in- én uitvoer van suiwelprodukte het in die eerste sewe maande van vanjaar albei met meer as 20% gestyg.

Dr. Koos Coetzee, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê die organisasie se maandelikse verslag oor markaanduiders dui aan produkte met die melkekwivalent van 127 miljoen liter is van Januarie tot Julie ingevoer.

Dit is 22% meer as in die vergelykende tydperk verlede jaar. Uitvoer het in dié tyd met 23% gestyg - produkte met 'n melkekwivalent van 275 miljoen liter is uitgevoer. Suid-Afrika is sedert Junie 2012 'n netto uitvoerder van suiwelprodukte.

Coetzee sê die grootste massa van produkte wat uitgevoer word, is vars melk na Botswana en Mosambiek en langlewemelk na ander lande. Die meeste produkte word na Zimbabwe uitgevoer, gevolg deur Botswana, Lesotho, Namibië, Swaziland en Zambië.

Hy skryf die groei in uitvoer toe aan bevolkingsgroei, verstedeliking en die verskuiwing in inkomsteverdeling in Afrika suid van die Sahara. Ondanks die groei in uitvoer en die groeiende plaaslike vraag na suiwelprodukte, het melkproduksie nog nie kop opgetel nie. Produksiegroei van Januarie tot Augustus was net 0,1% meer as die eerste agt maande van verlede jaar.

Luidens 'n verslag wat die Suid-Afrikaanse Melkverwerkersorganisasie (Sampro) vir Melk SA opgestel het, wys Nielsen-syfers goeie stygings in kleinhandelsverkope van sekere suiwelprodukte, terwyl verkope van verskeie ander algemene produkte gedaal het. Sampro ontleed syfers oor verkope en prysveranderings van nege suiwelprodukte en agt algemene kosprodukte.

In die jaar van Julie 2013 tot Junie vanjaar was die vyf produkte wat die beste groei in verkope getoon het, almal suiwelprodukte, met voorafverpakte kaas die toppresteerder.

Mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoof uitvoerende beampte van Sampro, skryf die groei in die verkope van suiwelprodukte toe aan 'n toenemende besef by verbruikers van die waarde vir geld wat dit bied.

Verder het van die suiwelprodukte se pryse minder gestyg as dié van ander produkte, terwyl suiwelprodukte volgens hom ook goed bemark word. Kraamwinkel sê mieliemeel se verkope het gestyg, maar teen die agtergrond van 'n daling in verkope van brood en rys en prysstygings van hierdie twee produkte.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.22
-0.2%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.70
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,006.26
+0.2%
Palladium
1,650.36
-1.0%
Goud
1,928.11
-0.1%
Silwer
23.51
-1.7%
Brent-ruolie
87.47
+1.5%
Top-40
74,839
+0.5%
Alle aandele
80,853
+0.4%
Hulpbronne 10
77,962
-0.3%
Industriële 25
103,809
+0.6%
Finansiële 15
16,340
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Let go and let God
Eks uniek met ñ twist😊. haat konflik en jaloesie. I'm a born again son of God🙌 soek vrede. geduld. en ek haat leuens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot