AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Invoer van lewende hawe bespreek

Die invoer van vee uit Namibië – vir teel- en slagdoeleindes – kan dié week deur rolspelers bespreek word.

Watter van Suid-Afrika se nuwe invoermaatreëls vir teeldiere en watter vir slag- en voerkraaldiere moet geld, kan Dinsdag (10 Junie) op ‘n vergadering van Suid-Afrikaanse rolspelers in die rooivleisbedryf uitgetrap word.

Dié maatreëls het invoer van lewende hawe uit Namibië van 1 Mei tot stilstand gebring. Mnr. Gerhard Schutte, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), hoop daar sal vordering gemaak word by die vergadering waarheen die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en ander rolspelers genooi het.

Standaard- operasionale prosedures (SOP's) – een vir voerkraaldiere en een vir regstreekse slagtingsdiere – kan op die vergadering bespreek word.

Die RPO ondersteun die nuwe maatreëls, maar Schutte sê die organisasie is nie gekant teen spesiale reëlings vir slag- en voerkraaldiere nie.

“Ons het groot begrip vir die Namibiërs se probleme en wil so gou moontlik oplossings vind.”

Mnr. Dave Ford, uitvoerende direkteur van die SA Voerkraalvereniging, wou hom nie uitlaat oor wat die uitkoms van die vergadering kan wees nie. Die vereniging wil 'n onafhanklike internasionale kenner as bemiddelaar  betrek. Die organisasie het vroeër gesê hy laat die nuwe maatreëls ondersoek om te bepaal of dit aan vereistes van die OIE en die Wêreldhandelsorganisasie voldoen.

‘Onverstaanbaar’

Vir mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Namibiese Lewende Hawe Produsente-organisasie, is dit onverstaanbaar dat Suid-Afrika Namibië in Desember 2013 kennis kon gee dat nuwe veterinêre vereiste vir die invoer van lewende hawe vanaf 1 Januarie 2014 moes geld. Dit is later tot 1 Mei uitgestel.

“As jy na die lang lys van nuwe vereistes kyk, sal geen land in die wêreld op sá kort kennisgewing daaraan kan voldoen nie,” sê Schneider.

“Daar word byvoorbeeld vereis dat invoerlande vry van longsiekte moet wees soos deur die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) erken. Maar wêreldwyd is net sewe lande wat die OIE as longsiektevry verklaar het, en Suid-Afrika is definitief nie deel daarvan nie. As Namibië by die OIE aansoek doen, sal die erkenning nie voor Mei 2015 kan gebeur nie.”

Van Suid-Afrika se vroeëre belofte vir 'n oplossing teen 31 Mei het niks gekom nie.

Die Namibiese dagblad Republikein berig prof. Edith Vries, SA se direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye, het pas in 'n brief aan haar Namibiese eweknie 'n “vriendskaplike oplossing” belowe.

Maatreëls geregverdig

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van Suid-Afrika se Nasionale Dieregesondheidsforum, sê ál die nuwe maatreëls is inderdaad nodig om die land se dieregesondheid te beskerm.

“Die maatreëls handel oor siektes wat ons nie het nie of wat ook in Suid-Afrika beheer of as bedreiging gesien word. Vervoort sê daar kan minder maatreëls vir slagdiere wees, maar ook ander bykomende vereistes.

Bron: Republikein

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+0.0%
Rand - Pond
21.32
+0.2%
Rand - Euro
18.70
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
1,012.38
+0.0%
Palladium
1,639.92
+1.3%
Goud
1,927.64
-0.1%
Silwer
23.66
+0.3%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
0.0%
Alle aandele
80,791
0.0%
Hulpbronne 10
77,871
0.0%
Industriële 25
103,872
0.0%
Finansiële 15
16,281
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot