AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Is daar hoop vir Afrika, vra Mulder

Is daar hoop vir Afrika, is die tema waarop dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, tydens Afrikadag-vieringe gefokus het.

Is daar hoop vir Afrika? Dit is die tema waarop dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, tydens Afrikadag-vieringe (25 Mei) in die Parlement gefokus het.

Hy sê dit is vir Suid-Afrika moontlik om die kontinent te help om te ontwikkel tot op dieselfde vlakk as Europa en ander eerste wêreld dele.


“Suid-Afrika is ekonomies meer as twee keer so sterk as Nigerië en amper drie keer so sterk soos Egipte. Suid-Afrika is ekonomies 80 keer sterker as die gemiddelde Afrikastaat. Daarbenewens het ons die beste paaie-, krag- en telefoonnetwerke in Afrika en ons aandelebeurs is een van die tien grootste aandelebeurse in die wêreld.” Bykans die helfte van alle teerpaaie in Afrika, is in Suid-Afrika, aldus Mulder.

‘Wees realisties’

Mulder meen wel dat ‘n mens realisties moet wees oor Afrika se probleme: ”Ek is kwaad vir Afrika se korrupsie en magsmisbruik. Ek is moeg vir Afrika-konflikte en TV-beelde van jong soldate in kamoefleeruniforms wat vol bravade agter op ’n bakkie staan met ’n swaar masjiengeweer in die hand en bande vol koeëls om die nek. Ek is moedeloos as ek nog een keer moet kyk na Afrika-babas wat met dowwe oë en uitgeteerde lyfies lê en hoop op kos.”

Mulder sê hy is bekommerd oor die feit dat baie Afrikaners hulself van probleme onttrek en hoop dit gaan weg. Hy sê daar bestaan nie baie opsies vir sulke mense nie.

“Jy emigreer, of jy raak betrokke en help om vir die Afrikaner ’n plek in die son in Afrika te skep. Dit kan nie in isolasie gedoen word nie. Die feite is dat as Afrika tot niet gaan, dan is Suid-Afrika in die moeilikheid. As Suid-Afrika tot niet gaan, is die Afrikaner in die moeilikheid,” aldus Mulder.

Oorlewing in Suid-Afrika

Hy sê dit is goed dat 24 ander lande al Suid-Afrikaanse boere genader het om daar te gaan boer: ”Maar daar is ’n voorwaarde. Dan moet Afrikaners nie permanent voel hulle word deur die Regering geteiken nie. Dit maak dat alle energie vir oorlewing in Suid-Afrika aangewend word en is daar nie energie vir uitreik na Afrika nie.” 

Volgens Mulder het Suid-Afrika binne 10 jaar na 1994 een van die top lande vir beleggings in Afrika geword, met die lewenstandaard van baie mense wat al verbeter is.

Wat Afrika betref sê hy kommunikasie-infrastruktuur is ‘n belangrike voorwaarde vir ontwikkeling in Afrika. Hy sê verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye het al welslae in Afrika behaal, wat ‘n bewys is dat die kontinent ryp is vir ontwikkeling.

26 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
+1.3%
Rand - Pond
20.88
+0.7%
Rand - Euro
17.99
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,785.15
+0.8%
Silwer
22.72
+2.3%
Palladium
1,863.50
+0.7%
Platinum
1,018.00
+2.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Luking4U
Ek beskou myself as netjiese goedversorgde vrou, ek is selfonderhoudend. Ek het n goeie humor sin, altyd oop vir n grappie en lekker lag, asook het ek n ernstige kant. Ek lief...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot