AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Is die ergste ekonomiese pyn verby?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad-argief
Foto: Landbouweekblad-argief
Die pryse van kommoditeite neem wêreldwyd af, maar dit sal nie sommer gou weer op dieselfde vlakke as voor die covid-19-pandemie wees nie.

“Dit is soos ’n pasiënt wie se hart gaan staan het. Die krisisperiode is oor, maar die lang herstelproses begin nou eers,” het prof. Phillippe Burger, dekaan van die fakulteit ekonomiese bestuurswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat, gesê. Hy het aan ’n paneelbespreking deelgeneem tydens die internasionale varsproduktevereniging (IFPA) se Suider-Afrika-konferensie in Kaapstad.

Ontwrigtings in die verskaffingsketting weens covid-19 en die Russiese inval in Oekraïne, asook fiskale en monetêre stimulus-pakkette om die covid-19-verskaffingskok teen te werk, het die afgelope maande tot ongekende stygings in die pryse van kos, energie en kunsmis gelei.

Nou is die pryse vir landbouprodukte soos graan, sonneblomolie en selfs wol stadigaan besig om te daal. Dieselfde geld die olie- en kunsmisprys, en ook ander kommoditeite buite die landbou, soos ystererts, goud en platinum.

“Die redes vir die prysdaling die afgelope twee tot drie maande het te doen met graanskepe wat die Odesa-hawe in Oekraïene begin verlaat het. Daar was ook druk van lande in Afrika op Rusland, want hulle het die Oekraïense graan nodig gehad om revolusies onder hul mense te keer.”

Verbruikersvertroue laag

Burger het gesê die Suid-Afrikaanse ekonomie sal na verwagting met 1% tot 1,5% groei. “Elektrisiteitsopwekking en -beskikbaarheid plaas ’n plafon op die land se groei.”

Volgens hom is verbruikersvertroue tans op die laagste vlak sedert die eerste kwartaal van 1986, toe die noodtoestand in volle gang was. “Dis weens die hoër brandstofprys en kragkrisis wat ons gelyktydig getref het.”

Stygende werkloosheidsyfers gaan boonop druk op verbruik plaas in die toekoms.

Hy bly egter hoopvol dat die ekonomie sal stabiliseer ná die effek van covid-19 en die oorlog in Oekraïne.

“Daar is risiko’s, soos as die Russe besluit om weer graanuitvoer stop te sit, die Chinese ekonomie nie herstel nie en die ANC se interne verkiesing aan die einde van die jaar.”

Groente en vrugte kry swaar in SA

Mnr. Brian Coppin, uitvoerende hoof van Food Lover’s Holdings, het gesê die aansienlike toename in brandstof- en energiepryse, asook die rentekoers het verbruikers seergemaak, wat die vraag na vars produkte geknou het.

“Sowel 2020 as 2021 was fantastiese jare vir die varsproduktebedryf. Die vraag na ons produkte was hoog, want mense het gesond geëet en meer by hul huise kos gemaak. Aan die einde van 2021 het inflasie egter ingeskop en die verskaffingsketting is só erg ontwrig dat die voorsiening van vars produkte aan die plaaslike kleinhandelbedryf te veel was.”

Inflasie wat op vervaardigde goedere ervaar is, het weens dié ooraanbod nie oorgespoel na groente en vrugte op die plaaslike mark nie.

“Die afgelope paar maande was moeilik, maar ek meen dis besig om om te draai. Ek meen inflasie het sy hoogtepunt bereik en kan begin daal. Die oliepryse het reeds begin daal en die verskaffingsketting sal mettertyd regkom.”

Coppin het die hoop uitgespreek dat die vraag na vars produkte binnekort met die aanbod sal opvang en dat pryse weer sal klim.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot