AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3085
0,00
SOYA
19 Okt
-
7172
0,00
SUNS
19 Okt
-
10650
0,00
WEAT
19 Okt
-
5800
0,00
WMAZ
19 Okt
-
3175
0,00
YMAZ
19 Okt
-
3315
0,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Jacobs se dood ’n groot verlies vir landbougemeenskap

akkreditasie
Mnr. Danie Jacobs. Foto: Verskaf
Mnr. Danie Jacobs. Foto: Verskaf
Die skielike dood van mnr. Danie Jacobs (55), ’n uitvoerende bestuurslid van Agri Noord-Kaap, voorsitter van Agri Namakwaland en voorsitter van die komitee vir omgewingsake, is vir sy gesin en die georganiseerde landbou ’n groot verlies.

Jacobs is op 23 Junie in sy bakkie in die veld op sy plaas buite Springbok gevind. Hy is vermoedelik aan ’n hartaanval dood.

Mnr. Pieter Jacobs, sy oudste seun, sê hy was die gesin se rolmodel. “Ek wens my geloof was so sterk soos syne.  Hy was ’n regverdige en liefdevolle pa vir my en my en broers, Gerhard en Fourie, en ’n eggenoot vir my ma, Riana. Hulle sou op 29 Junie vanjaar 25 jaar getroud gewees het.

“Hy was altyd daar vir ons. Hy kon onderhoudend met ons oor elkeen se belangstellings gesels, of dit nou boerdery, enjins, sport, politiek of die ekonomie was. Hy was loud and proud met ’n uitstekende humorsin.

“Hy was in diens van die landbou, en nie bang om te baklei wanneer dit nodig was nie.”

Die troosdiens word op 30 Junie in die AP kerk Springbok gehou en streng Covid-19-protokol sal geld.

Mnr. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê Jacobs se dood is ’n “groot skok en hartseer nuus”.

Volgens hom was Jacobs ’n reguit man wat sommiges kon ontstig, maar hy was nooit groter as die saak van die georganiseerde landbou nie.

“Hy was lief vir die omgewing en het hard gewerk om indringerplante soos die prosopisbome met biologiese, chemiese en meganiese maatreëls te bekamp. Ook het hy verseker dat die departement van landbou gereeld bespuitings vir muggies op die Oranjerivier doen. Verlede week het hy gerapporteer dat die bespuiting op die versnellings in die rivier gedoen is sodat daar nie groot uitbrekings in die somer voorkom nie. Die afgelope seisoen het hy groot moeite gedoen om die groot sprinkaanplaag te bekamp. Al die sprinkaanbeamptes het met Danie geskakel, wat dan met die departement gekommunikeer wat haakplekke uitgestryk het. Die departement het hom vertrou om beamptes en spuitspanne op te lei, wat hy met groot sukses gedoen het.”

Volgens Jansen het Jacobs ’n groot rol gespeel om skenkings vir boere in die droogtegeteisterde gebied te kry.

“Sy landbou-unie was een van die eerstes wat uitgespring het om geld en skenkings vir boere en opkomende boere in Concordia en verder noord te verkry. Hulle het self aansoekvorms uitgedeel en verseker dat die skenkings regverdig volgens bydraes aan die georganiseerde landbou uitgedeel is.

“Die georganiseerde landbou gaan hom vanweë sy onbaatsugtige werk mis. Hy laat ook ’n leemte in sy gemeenskap; hy het ’n suiwer hart gehad. Al ons simpatie aan sy naasbestaandes,” sê Jansen. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.68
+0.7%
Rand - Pond
20.18
+0.4%
Rand - Euro
17.06
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,777.69
+0.7%
Silwer
23.54
+1.6%
Palladium
2,048.00
+1.6%
Platinum
1,055.75
+1.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,221
0.0%
Alle aandele
66,792
0.0%
Hulpbronne 10
63,626
0.0%
Industriële 25
84,496
0.0%
Finansiële 15
14,073
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net n bietjie liefde is al wat ek vra.
Enige iemand kan mooi woordjies skryf, maar dade spreek meer as woorde. Dit is nie maklik in ons huidige omstandighede om iemand te ontmoet nie. Die lewe is te kort en ek het...
Benodig 'n battery vir my lewensflits
Ek is 'n aangename, rustige mens wat soms nukkerig kan word. Hou van die natuur maar wil ook soms hand uit ruk. Take a leap of faith with me!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot