
Mnr. Japie Grobler, leierboer van Bothaville en oud-voorsitter van Agri SA, se toestand is stabiel en dit gaan effens beter nadat hy verlede Maandag in ’n ernstige motorongeluk betrokke was.
Grobler se heup is vergruis en hy het ernstige beenbreukte opgedoen. Die bestuurder van die ander voertuig is in die ongeluk dood.
Me Carlien van Huysteen, sy dogter, het gesê hy is sedert Donderdagoggend by sy positiewe en sy ventilator is ontkoppel. Hy was aanvanklik onder verdowing gehou.
Almal is waaksaam
“Almal is waaksaam vir infeksie, sowel as skade aan sy niere, maar ons is baie dankbaar vir die vordering en die feit dat sy toestand stabiel is. Die medici wil net eers sy lyf sterker en buite gevaar kry en fokus nie nou op die breuke nie.”
’n Oogetuie het ná die ongeluk aan Netwerk 24 gesê ’n man in ’n blou Volkswagen Polo het Grobler op die pad tussen Orkney en Bothaville verby probeer steek toe dié ander bestuurder se voertuig se band het gebars en hulle het gebots.
* Gobler was in Desember ook in die hospitaal nadat 'n kwaai koei hjom gegaffel het en sy bekkenbeen gebreek is.