AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Joemat-Petersson: “Dis tyd vir aksie”

Die tyd om agendas oor die landbou se toekoms saam te stel is verby – dis tyd vir aksie, sê minister Tina Joemat-Pettersson.

Die tyd om agendas oor die landbou se toekoms saam te stel is verby – dis tyd vir aksie, sê me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Luidens ’n nuusverklaring het sy by die amptelike opening van die dag vir landbou en landelike ontwikkeling op die COP17-kongres in Durban gesê dié kongres fokus op ’n versoek tot aksie, ook vir klimaatsvriendelike landbou.


“Die tyd is verby vir wyd omskrywende tegniese en wetenskaplike raad – die landbou word nie langer net binne wye beskrywings bespreek nie.

"Ons ken spesifieke feite en dit moet gebruik word om te verseker dat ’n immergroeiende bevolking gevoed kan word. Dit is nodig dat die pad vorentoe deur landbougemeenskappe bepaal moet word,” sê die minister. 


Gedeelde doelwit

Joemat-Petersson sê die Regering is daartoe verbind om klimaatsvriendelike landboupraktyke te bevorder. Sy sê die erkenning van die sektor se bydrae is ’n ekonomiese voorrangsaak vir die Regering se nuwe groeistrategie.


“Die landbou moet sentraal staan tot die COP 17-onderhandelinge. Moenie onderhandelaars en politici te veel keuses gee nie – gee hulle suksesvolle voorbeelde van klimaatsvriendelike landbou en identifiseer die pad vorentoe. Op hierdie manier sal die landbou – en die mense – die begunstigdes wees,” verduidelik Joemat-Pettersson.


Haalbaar

Me. Mary Robinson, voorsitter van die Mary Robinson-stigting, Climate Justice en die oud-president van Ierland, meen COP17 moet ’n werkbare program oplewer wat die landbou met klimaatsverandering en voedsel en voeding verbind.


“Om voedselsekerheid en klimaatsregverdigheid te bereik, is haalbaar. Klimaatsverandering maak tans ’n slegte situasie erger, so dit kom neer op politieke keuses en besluite.

"As ons glo dat die beëindiging van hongersnood en voedselsekerheid ’n voorrangsaak is – ’n kwessie van reg en regverdigheid – dan is dit nie buite ons mag om dit op te los nie,” verduidelik Robinson.


Robinson het afgevaardigdes by die geleentheid gewaarsku dat die tyd besig is om uit te loop vir wêreldleiers, “want dié wat honger is, kan nie wag nie”.


8 Desember 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot