AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Joemat-Pettersson dalk afgedank?

Sterk aanduidings bestaan dat me. Tina Joemat-Pettersson van haar pos onthef kan word, sê prof. André Duvenhage.

Sterk aanduidings bestaan dat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in die nabye toekoms van haar pos onthef kan word.


Só sê prof. André Duvenhage, ’n dosent aan die Universiteit van Potchefstroom en ’n politieke ontleder.


Duvenhage sê dié stap kan op veral twee redes gegrond wees. Die eerste is die hantering van haar portefeulje en die tweede is die wyse waarop sy polities verbind is in die opbou tot die ANC se kongres in Bloemfontein.


Duvenhage sê dit is algemeen bekend dat Joemat-Pettersson nie altyd aan haar portefeulje se vereistes voldoen het nie en dat sy tans druk ervaar. Verder is haar kommunikasie met die georganiseerde landbou nie na wense nie.


Hy sê inligting oor dié saak word vertroulik gehanteer, maar as na die betrokke kwessies gekyk word, meen hy dat skuiwe aangebring kan word.


Onbewus

Intussen berig City Press ’n voormalige werknemer van ’n gastehuis waar die minister verlede jaar tuisgegaan het, sê sy was bewus van die koste van haar verblyf daar. Dít volg ná die minister verlede week gesê het sy was onbewus van die koste van dié verblyf.


Die Openbare Beskermer het ook verlede week aangedui dat die saak oor die minister se hotelverblyf ondersoek gaan word.


Dít volg ná die Demokratiese Alliansie bekend gemaak het dat die minister se hotelverblyf sedert 2009 op R1,6 miljoen te staan gekom het.


Een van die rekeninge was vir ’n gastehuis in Sandton, wat glo op R420 000 te staan gekom het.


Die minister het glo voor sy haar intrek tussen Junie en Julie verlede jaar daar geneem het, beamptes van die departement soontoe gestuur. Hulle het al die koste vir kamers by die gastehuis gekry.


Volgens die werknemer het die minister glo opgemerk dat dit weens mense soos dié van die gastehuis is (met hul hoë pryse) dat mense nie na Suid-Afrika wil kom nie.


Sy het na bewering ’n kamer van R5 000 per nag vir ’n vriend bespreek, wat sy self betaal het, een vir haarself, ’n kamer vir haar kinders asook ’n kamer vir die kinders se oppasser.


Bron: City Press


14 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot