
Die resultaat was die boek Lafenis in die droogte, wat nie net die droogte in staaltjies en foto’s uitgebeeld het nie, maar ook in ’n verteenwoordiging van die hoop, positiewe gesindheid en humorsin wat oor die jare heen sinoniem met die Boesmanland en Karoo geword het, ontaard het.
“Boere volhard boere in hul geloof dat hoop nie sal beskaam nie,” vertel Botha. Daarom dat sy gewéét het sy moet die boere se stories vertel.
“Dit was ’n belangrike stap om dit in boekvorm te staaf – nie ’n koffietafelboek wat bloot stof vergader nie, maar ’n treffende geheelbeeld om die boodskap van wanhoop en hoop in sy volle, eerlike gedaante weer te gee,” beaam Nelia Richter van Landbouweekblad.
Dié boek is nou in die Joernalistiek-afdeling van die Solidariteit-beweging se #GoeieGons-toekenning benoem. Met dié toekennings word geesdriftige en passievolle kommunikasiekundiges vir hul talent en kreatiwiteit vereer.
Kommunikasiekundiges is in vyf kategorieë genomineer en agt wenners sal aangekondig word. Enigiemand kan aanlyn stem. Besoek https://solidariteit.co.za/goeiegons-2022-stem/ om jou stem te laat tel.
Om die boek teen R230 te bestel, besoek winkel.landbou.com. Kyk onder na ’n onderhoud met Botha oor die boek.