AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Johannesburg-mark se krag herstel, maar steeds kwesbaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Kabeldiewe in Johannesburg het nie net stedelinge in die donker gelaat nie, maar ook boere se sake benadeel.

Kabeldiewe in Johannesburg het boere volgens Agri SA se beraming tot R500 000 per dag gekos nadat die ganse City Deep-voorstad van 26 tot 29 Oktober in donkerte gelaat is nadat kragkabels gesteel is. Volgens mnr. Christo van der Rheede, hoofdirekteur van Agri SA, is die gedurige kabeldiefstal ’n probleem wat al vantevore met die stadsraad opgeneem is, maar die kabels is steeds kwesbaar.

Die mark het dieselkragopwekkers, maar dit is nie voldoende om al die ligte, betaalpunte, kantore, koelkamers en rypmaakkamers aan die gang te hou tydens ’n kragonderbreking nie. Die meeste rypmaakkamers en al die koelkamers is sonder krag tydens ’n kragonderbreking.

Mnr. Deon van Zyl, handelshoof van die Grow-varsprodukte-agentskap, is bekommerd oor die gehalte van die produkte, asook die veiligheid op die mark. “Hoewel die Johannesburg-mark kragopwekkers het, kan die kragopwekkers nie die koelkamers en piesangrypmaakkamers aan die gang hou nie. Met beurtkrag is die situasie bestuurbaar met kort tussenposes. Die afgelope twee jaar se kabeldiefstal en gevolglike dae aaneen sonder krag is katastrofies vir vars produkte, veral piesangs, druiwe en ander vrugte wat verkoeling vereis. Piesangs moet ’n baie streng rypmaak-protokol volg. Wanneer dit onderbreek word, veroorsaak dit ondoeltreffende rypwording, oorverhitting en skade aan die vrugte.

“Op Pretoria ervaar ons dieselfde probleme met kragonderbrekings. Eise teen die mark vir skade aan vrugte is in die verlede aan produsente uitbetaal. Die stadsraad se regsafdeling het die jongste eise teen die mark vir skade aan vrugte weens ondoeltreffende infrastruktuur van die hand gewys. Die instituut vir markagente van Suid-Afrika se Tshwane-tak is besig om ’n regsopinie in te win om produsente te ondersteun in hul eise teen die mark, maar die vooruitsigte lyk nie goed nie.

Misdaad, veiligheid bron van kommer

“Misdaad neem tradisioneel toe gedurende November en Desember, en die onvoorspelbaarheid van kragvoorsiening maak dinge baie makliker vir misdadigers wat die geleentheid tydens kragonderbrekings aangryp.”

Van der Rheede is ook bekommerd oor die veiligheid van die mark wanneer die kragtoevoer onderbreek word. Die noodkragopwekkers word saans afgeskakel en eers weer in die oggend aangeskakel. Werk wat snags plaasvind, vind dus in die donker plaas en dit maak die werksomstandighede gevaarlik.

Mnr. Francois Knowles, registrateur van die landbouprodukte-agenteraad, is bekommerd oor die situasie, omdat dit die boer is wat aan die kortste ent trek. “Die gehalte van produkte gaan agteruit weens onvoldoende geriewe en dit het ’n ongunstige invloed op die prys van produkte. Dit is die produsente wat hieronder ly. ’n Proaktiewe langtermynoplossing om alternatiewe kragbronne vir belangrike infrastruktuur, soos die koelkamers en rypmaakkamers gereed te kry, moet ’n voorrangsaak wees. Apac ondersteun die soeke na ’n oplossing.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot