AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

John Deere Financial staan by sy boere

John Deere Financial gaan die paaiement wat boere vanjaar op nuwe tegnologie moet betaal, só struktureer dat dit eers volgende jaar betaalbaar is, vir kwalifiserende boere.

John Deere Financial verstaan die knelgreep waarin laasjaar se voortdurende droogte boere gedompel het. En met ‘n nuwe oesjaar se produktiwiteit in gedrang, het díe maatskappy besluit boere moet weet John Deere en John Deere Financial is die hele pad aan hul sy.

Benewens die feit dat dit nie reën soos dit moet nie, het bedryfskoste ook gestyg. Daarom het John Deere Financial aangekondig dat die paaiement wat boere vanjaar op nuwe tegnologie moet betaal, so gestruktureer word dat dit eers volgende jaar betaalbaar is, vir kwalifiserende boere.

“Die droogte beïnvloed die boere se produktiwiteit en ons is saam met hulle bekommerd. Boere se kontantvloei is onder druk en dit het ’n groot invloed op hulle daaglikse lewens,” sê mnr. Antois van der Westhuizen, Besturende Direkteur van John Deere Financial vir Sub-Sahara Afrika.

“Ons het gaan kyk wat ons kan doen om dinge in die huidige omstandighede vir die boere makliker te maak, om onnodige druk op hul kontantvloei te voorkom,” sê Van der Westhuizen.

“Met die voortdurende veranderinge in tegnologie is dit vir boere belangrik om hulle vervangingsprogramme op datum te hou. Daarom is dit vir ons ook belangrik om die boer in staat te stel om die toerusting sonder te veel finansiële druk te vervang en aan te koop,” sê Van der Westhuizen.

“Die gedagte is dat die boer nie die oes wat nou op die lande is, hoef te gebruik om te begin om die finansieringsverpligtinge na te kom nie. Daarom is een van die opsies om die paaiemente van aankope van nuwe John Deere-produkte so te struktureer dat boere eers volgende jaar hoef te begin terugbetaal. Boere hoef dus eers met die volgende oes sy eerste paaiement te  betaal,” sê Van der Westhuizen.

Verlaagde deposito

John Deere Financial het ook gaan kyk na hoe hulle moontlik die depositovereistes kan verlaag, omdat ’n groot deposito net soveel druk op ’n boer kan plaas.

“Deur middel van die bogenoemde strukture sal die boer se toerusting dus nie agteruitgaan nie en sal hy beter produktiwiteit ervaar met beter tegnologie. Hierdie nuwe strukture is van toepassing op al ons produkte. John Deere Financial se slagspreek sê immers ‘Finansiering gebou vir jou’. Die finansiering is persoonlik en word om die boer se unieke omstandighede en kontantvloei gebou."

Rentekoers

John Deere Financial sal ook voortgaan om nuwe John Deere-produkte teen minder as die prima-uitleenkoers te finansier, gegrond op die boer se unieke finansieringstruktuur.

Van der Westhuizen verduidelik daar is heelwat voordele vir boere wanneer hulle van John Deere Financial se finansieringstrukture wil gebruik. “Ons strukture word pasgemaak vir die boer en sy unieke omstandighede. Daar is nie een plan vir almal nie.

Daar is verskillende strukture vir verskillende boere, en dit beïnvloed uiteraard die rentekoers wat die boer moet betaal. Dit maak nie saak watter struktuur vir die boer uitgewerk word nie, hy sal wel ’n verlaagde rentekoers kry, sê Van der Westhuizen.

Laer rentekoers

Die langtermynvoordeel vir die boer is die kostebesparing danksy die laer rentekoerse. Hy gaan die beste tegnologie wat hy kan koop, op sy plaas hê om sy produksie te laat groei. Boonop het die boer ook die ondersteuning van die John Deere-handelaarsnetwerk wat vir hom tegniese raad sal gee, en seker maak dat die John Deere-produkte instand gehou word.

Boere word herinner dat daar verskeie strukture beskikbaar is wat aangepas kan word om by elke boer se omstandighede aan te pas. Dit is dus nie nodig om van een van die verskeie aanbiedingstrukture wat in die media geadverteer word gebruik te maak nie. Hierdie promosies is slegs ‘n aanduiding van wat moontlik is.

Kontak:

Kontak of besoek gerus jou naaste John Deere-handelaar vir die kontakbesonderhede van die John Deere Financial Bemarker in jou omgewing vir meer inligting. As alternatief, kontak John Deere Financial se hoofkantoor by 011 437 2600.

john-deere-maart18.jpg-600-pixels

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot