
'n Jong boer van Aurora aan die Weskus is in die hospitaal oorlede nadat hy op sy plaas geskok is.
Luidens 'n berig op Netwerk24 is mnr. Jaco Visser (32), ’n boer van die plaas Papkuilsfontein buite Aurora, in Vredenburg oorlede, het ao. Johan Vermeulen van die Laaiplek-polisiekantoor bevestig.
Visser is Donderdagoggend inderhaas Vredenburg toe gejaag, waar hy in die hospitaal oorlede is. Skynbaar het Visser 'n ysterpaal vasgehou toe dit aan 'n kragdraad geraak en hom geskok het.
Boodskappe het gisteraand op Visser en sy vrou, Ilze (26), se Facebook-bladsye ingestroom.
Bron: Netwerk24