AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Jong boer wen ons fotokompetisie

? Jong boer van Roedtan het Landbou.com se fotokompetisie gewen. Kyk na die volle foto in die berig.

Die wenner van die fotokompetisie op Landbou.com is mnr. Gerdehann Pienaar van die plaas Haardekraal naby Roedtan. Die prys was dat die wenfoto op Landbouweekblad se voorblad gepubliseer word.

Pienaar se foto is van twee John Deere-trekkers nadat die dagtaak afgehandel is. Gerdehann het die lig binne-in die trekkers gebruik om 'n gevoel van diepte te gee. Hy sê die foto was 'n eksperiment. “Ek wou net my idee met die beligting toets. Ek is mal oor die melkweg, maar in die somer is die melkweg nie sigbaar in die Suidelike Halfrond nie, dus het gewag vir die begin van die winter om die trekkers af te neem as die melkweg sigbaar is. Ek het my kamera op 'n driepootstaander gestel met 'n sluiterspoed van 20 sekondes met f3.5 op ISO 1600.”

gerdehann-Pienaar-wenfoto-mei-20167.jpg-350

Gerdehann (op foto) het in 2015 op die Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit gematrikuleer. “Ek is 18 jaar oud en boer saam met my pa Janlo en my oupa Gert, my leermeesters. Ons boer met wild, graan en vee. My oupa word vanjaar 88 jaar oud en hy wen my nog as ons die koeie melk. Ek het nie gaan swot nie, maar ek is nie een dag spyt nie. Ek het die geleentheid gekry om my eie tamaties te plant en so leer ek hoe om my eie besigheid te bestuur, te bemark en mensekennis op te tel.

 Laat my die natuur waardeer

“Fotografie is baie belangrik vir my: Dit laat my die natuur al hoe meer waardeer. Die doel van fotografie vir my is om ons lewens te verduidelik, sonder woorde. Verder is ek nog 'n kind, ek hou daarvan om saam my vriende te braai, met my motorfiets te jaag en die lewe te ontsyfer.

“My oupa Gert Pienaar boer nou al 59 jaar op Haardekraal. Hy was maar net 14 jaar oud toe albei sy ouers oorlede is en hy saam met wildvreemde mense na die Springbokvlakte verhuis het, waar hy begin leer het om te boer. My oupa het in 1957 genoeg geld bymekaar geskraap om die plaas Haardekraal te koop. Hy het, op sy knieë, die plaas begin opbou en tot vandag toe nog is hy dieselfde ysterman van sy jong dae!

“My oupa het in 1952 sy eerste trekker gekoop, hy het steeds dieselfde Minneapolis-Moline waarmee hy begin het en hy en my pa is tans besig om die trekker te restoureer.”

wenfoto-gerdehann-pienaar-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot