AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Jong skeertalent skitter in Bloemfontein

Verskeie juniors het hulself laat geld op die afgelope nasionale skaapskeerkampioenskap in Bloemfontein.

Die oplewing onder jong mense in skaapskeer as sport, wat ’n rukkie gelede begin het, het op die afgelope nasionale skaapskeerkampioenskap in Bloemfontein vrugte afgewerp met verskeie juniors wat hulle stempel afgedruk het.

Mnr. Hendrik Botha, uittredende voorsitter van die Skaapskeerfederasie van Suid-Afrika, sê dié belangstelling onder jong mense wat verlede jaar al duidelik merkbaar was, duur voort.

“Meer as 600 atlete het in aanloop tot die nasionale byeenkoms aan die sewe provinsiale uitdunrondes deelgeneem met net meer as 100 wat tot die eindrondes deurgedring het.”

Vanjaar is ’n skolekompetisie die eerste keer op nasionale vlak aangebied met Roelf van Schalkwyk van Bloemfontein as die wenner én die skeerder wat die skoonste geskeer het.

Skeer ‘die wêreld vol’

Josh Joubert (Grey Kollege, Bloemfontein) was die naaswenner, maar het as die kampioen in die afdeling vir junior masjienskeerders geseëvier. Deon van Zyl was die junior wat die skoonste geskeer het.

Mnr. Jan Joubert, ‘n wolagent by BKB Bloemfontein, sê Josh het sowat 18 maande gelede op 16 ‘n skeerkursus in Reddersburg gedoen en skeer sedertdien gereeld. “Josh en ‘n vriend werk vakansies vir BP Snyman-skeerdienste en het ook aan kompetisies begin deelneem.” Josh oorweeg dit nou om na sy matrikulasie oorsee te gaan skeer. “Hy sê hy wil sommer die hele wêreld vol skeer, as hy kan,” sê sy pa.

Nóg wenners

In die tussenskoolse afdeling was 15 deelnemers, onder wie ’n 17-jarige meisie, Kaylie de Jager (Hoërskool Swartland, Malmesbury).

Mayenzeki Schweni (CMW, Sterkspruit), die huidige handskeer-wêreldkampioen wat dié titel op die onlangse byeenkoms in Nieu-Seeland die tweede keer in sy loopbaan verower het, was die wenner van die ope handskeer-, asook die Suid-Afrikaanse handskeerafdeling.

Die jong Guillaume Strydom, verlede jaar se masjienskeerkampioen, was weer die wenner van die ope en die SA masjienskeer. Strydom het ook die spoedskeer-afdeling in ’n blitstyd van sowat 33 sekondes per skaap gewen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
-0.8%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,710.00
-0.4%
Silwer
20.41
-1.1%
Palladium
2,283.14
+1.1%
Platinum
920.50
-0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,506
+0.5%
Alle aandele
65,911
+0.5%
Hulpbronne 10
63,387
-0.5%
Industriële 25
80,145
+1.1%
Finansiële 15
14,013
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot