Die Senwes Jongboer Toekomsfokusdag word op 21 September op Nampo Park buite Bothaville gehou.
Die fokus van vanjaar se aanbieding is om jongboere verder toe te rus vir hul toekoms in die landbou. Die dag word aangebied in samewerking met Agri NW en Vrystaat Landbou se jongboere asook Graan SA. Verskeie sprekers sal referate lewer. Hulle is:
• Mnr. Guy Lundy (‘n strategiese konsultant en toekomskundige) sal ‘n blik oor Suid-Afrika ná 2014 gee.
• Prof. Herman van Schalkwyk (rektor, Noordwes-Universiteit Potchefstroom-kampus) gaan gesels oor die rol van moderne landboupraktyke om welslae in boerdery e behaal.
• Mnr. Reinhardt Joubert (bestuurder: Landbou, van die Weer-Intelligensiestelsels) sal jongboere meer vertel oor klimaat- en omgewingsveranderinge.
Registrasie begin om 08:30 begin en koste vir die dag beloop slegs R50 per persoon. Antwoord teen 7 September by Marlize Fritz (Agri NW) by 018 632 2987 of Sulene Oosthuizen (Vrystaat Landbou) by 051 444 4609.
12 September 2011