
Die gemiddelde ouderdom van ’n boer in Amerika is 58,3 jaar, maar jonger boere begin nou weer die boerdery betree.
In sommige state, soos in Maine, is ’n ommekeer bespeur en jonger mense begin weer belang stel in boerdery. In Maine het boere onder die ouderdom van 35 die afgelope jaar met 40% toegeneem, aldus mnr. John Rebar, uitvoerende direkteur van die Maine-universiteit se koöperatiewe afdeling.
In minder-ontwikkelde state, soos Maine, is relatief bekostigbare grond steeds beskikbaar en dit is juis daar waar voornemende jong boere met min geld, maar baie geesdrif, hulle vestig.
Gene en Mary Margaret Ripley is só ’n jong paar. Hulle het sowat R2 miljoen vir ’n huis, stoor en 3 ha se landerye betaal en dit was genoeg om hulle organiese groente-boerdery daarop te begin.
Bron: NPR News