AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Jou grond: Kan staat onteiening hanteer?

Kan die wanfunksionele Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake onteiening hanteer, indien dit 'n werklikheid word?

Hy wil grond onteien, sonder om daarvoor te betaal, het pres. Jacob Zuma in die staatsrede én met die bekendstelling van Operasie Phakisa gesê. Maar kan die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake onteiening hanteer?

Hieronder is uittreksels uit enkele berigte oor grond en grondhervorming wat die nuushooftrekke die afgelope tyd gehaal het:

* Die grondminister, mnr. Gugile Nkwinti is volgens die Sunday Times (Feb. 2017) na bewering betrokke by die toekenning van 'n plaas van R97 miljoen in Limpopo aan 'n ANC-werknemer in Luthuli Huis. Dié “begunstigde” het erken dat hy géén kennis van boerdery het nie.

* Mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal by Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is in Desember 2016 geskors. Dit hou verband met 19 transaksies waar die nodige prosedures nie gevolg is by grondhervormingsprojekte nie.

* Die adjunk direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is in 2016 afgedank.

* Plase ter waarde van bykans R470 miljoen is uit die hande van korrupte hande van amptenare van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming teruggevat. Dié amptenare het met ander partye saamgespan om dié departement te bedrieg. (4 November 2016.)

* Die staat se reddingsplan vir herverdeelde plase wat aan opkomende swart boere toegeken is, regverdig nie naastenby die geld wat daarvoor ingeploeg word nie. Só sê die Presidensie se Departement van Monitering en Evaluering oor die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se herkapitalisering-en-ontwikkelingsprojek. (25 Februarie 2017)

* Die Regering se eie navorsing wys ernstige gebreke uit in die Kommissie op die Herstel van Grondregte: Armoede, ongelykheid en werkloosheid in gemeenskappe wat hul grond teruggekry het danksy die Regering se grondhervormingsprogram, wys dat dié program nie ’n beduidende verskil kon maak aan die lewens van die meer as 1,8 miljoen nuwe grondeienaars nie. Verslag deur die Departement van Monitering en Evaluering in die Presidensie.(25 Februarie 2017)

* Grond ‘gesteel’

Politici verwys gereeld na grond wat in SA “gesteel” is. Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), het by die Regering gepleit om 'n gebalanseerde benadering met die Onteieningswetsontwerp te volg oor die onberekenbare risiko wat dit vir banke inhou. In 'n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke in Julie 2015 het die Basa daarop gewys dat altesaam R2,3 biljoen se verbandlenings by handelsbanke gesetel is. Sowat R70 miljard se verbandlenings is dié van die landbou. Mnr. Ernst Janovsky van Absa Agribesigheid het gewaarsku dat handelsbanke die Grondwethof sal nader om sekere aspekte van die  Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar sodra dit onderteken word.

* ‘Grondhonger Suid-Afrikaners’

Dr. Theuns Eloff het op die kongres van Agri Noord-Kaap in Kimberley in 2016 gesê uitsprake deur politici dat voorheen benadeeldes ’n “grondhonger” ondervind, is ’n mite. Volgens Eloff word die mite van ’n grondhonger verpletter deur die feit dat die meerderheid eisers in die grondhervormingsproses eerder geldelike vergoeding verkies as grond om self daarop te boer.

* Mnr. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA het ná die staatsrede van 2017 gesê grondhervorming in Suid-Afrika was tot dusver ’n mislukking. Dit is ’n feit dat nét 7% van aansoekers grond wil hê. (Die orige 93% van die begunstigdes vra geld.)

* Op enige tydstip is sowat 18 000 plase in Suid-Afrika te koop, terwyl die Regering sê die beginsel van gewillige verkoper en gewillige verkoper werk nie. Bron: Plase te koop op Landbou.com

* 'n Omvattende opname op Landbou.com toon dat swart kopers 17% van die landbougrond sedert 2010 in die land gekoop het – op die ope mark.

* Die staat se gebrekkige ondersteuning aan nuwe boere

Nuwe boere eis geskikte steun om ook tot kommersiële vlak te ontwikkel, hoewel niks te sien is van die meer as R2 miljard wat al aan nuwe boere bestee is nie, is op die afgelope Afasa-kongres gesê.  “Die tyd vir praat is verby! Politici kan gewoonlik met mooipraatjies wegkom maar ons val nie meer almal daarvoor nie. Ons is moeg daarvoor dat die stelsel blameer word. Boere is gatvol en dit wat onder studente gebeur gaan ook oor grond gebeur as kwessies nie opgelos word nie.” Met dié woorde het mnr. Ronnie McKenzie, ’n varkboer van Magaliesburg, baie verteenwoordigers se siening by die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) se jaarkongres buite Pretoria opgesom.

* Sowat 300 lede van African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) en die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisboere (Nerpo) het op 25 Oktober 2016 Pretoria in 'n stoet binnegery en voor die Uniegebou betoog. Mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa en groepbesturende direkteur van Nerpo, het in 'n versoekskrif gesê die Regering is al jare lank “voortdurend in beplanningsmodus en kom byna nooit sover om die planne (vir opkomende boere) met betekenisvolle invloed uit te voer nie”.

Erkenning van bemagtigingsprojekte:

“Radikale transformasie” is op pres. Jacob Zuma se lippe, maar die Regering ignoreer al vier jaar lank die PALS-grondprojekte op 30 000 ha in die Witzenberg. Mnr. Lennox Plaatjies, hoof-uitvoerende beampte van die Witzenberg Pals-projek, sê hul projek het nog nie formele erkenning of reaksie van die Regering gekry nie, ten spyte van talle aanbiedings en voorleggings aan verskeie regeringsdepartemende oor die afgelope drie tot vier jaar.

* Titelaktes

Die Ingonyama-trust in KwaZulu-Natal administreer sowat 2,8 miljoen hektaar grond in dié provinsie onder tradisionele gesag – dis rofweg 'n derde van die oppervlakte van KZN. Koning Goodwill Zwelithini is die voorsitter van die trust, en die enigste trustee. Hy wil glo titelaktes uitdeel op dié gronde, maar slegs vir huishoudelike doeleindes.

* Laastens: In 'n gesprek met Joylene van Wyk, Landbouweekblad se parlementêre redakteur, is die opsie genoem dat die Kommissie op die Herstel van Grondregte moontlik die gekose liggaam kan wees om onteiening te hanteer. Dit kan glo soos die Openbare Beskermer se opset werk.

* Wat dink jy? Lewer hieronder jou kommentaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot