Mnr. Andries Wiese, hoof van landbou by Hollard Insurance, sê boere moet wanneer hulle aansoek doen om oesversekering, hul ligging met behulp van geografiese kruispunte aandui. Indien die landery, boord of wingerd onder ’n vloedlyn is, sal die versekeraar dit nie verseker nie.
Oeste bó vloedlyne kan wel verseker word, maar boere moet seker maak hulle neem spesifiek hierteen versekering uit. Dit is nie deel van versekering vir byvoorbeeld spesifiek hael- of brandskade nie.
“Daar is net vier maatskappye in Suid-Afrika wat oesversekeringsdekking bied, en elkeen spesialiseer volgens sy kundigheidsgebied. Dit is moontlik dat ’n spesifieke versekeraar byvoorbeeld nie vrugte of grane dek nie.”