AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

JZ se somme vir droogtehulp 'klop nie'

Die syfer van R2,5 miljard wat die Regering sê vir droogtehulp gebruik is, klop glad nie, sê Agri SA.

Onduidelik heers hoe die bedrag van R2,5 miljard vir droogtehulp saamgestel is wat pres. Jacob Zuma in sy staatsrede aangekondig het.

Zuma het aangedui dat die Regering R2,5 miljard bewillig het vir veevoer, water, infrastruktuur, boorgate en ander ingrypings.

Agri SA het die bedrag bevraagteken en versoek dat ’n duidelike uiteensetting beskikbaar gemaak moet word van die geld wat bewillig is.

Hulp vir boere in droogte

Volgens die Regering se interministeriële taakspan wat met die droogte belas is, is die hulp om boere se nood in droogtegeteisterde gebiede te verlig, oor verskeie programme versprei.

Me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, het vroeër aangedui dat binne die werk vir vuur program nagenoeg R1,3 miljard is om boere te ondersteun.

Verder het die taakspan aangedui dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gedurende die 2015/’16 geldjaar R268 miljoen deur sy omvattende steunprogram vir die landboubou beskikbaar gestel het, provinsies het R173 miljoen bygedra om veevoer en voorraad vir boere aan te skaf. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het ook R286 miljoen vir droogtehulp onder sy herkapitaliserings- en ontwikkelingsprogram beskikbaargestel. Die Land Bank het ook in dieselfde jaar R500 miljoen se konsessielenings aan kommersiële boere beskikbaar gestel.

Geen idee waar syfers vandaan kom

Mnr. Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, sê hulle het steeds geen idee waar die president aan die syfer kom nie.

“Sover ons weet is net meer as R200 miljoen aan provinsies oorhandig vir droogtehulp. Die hartseer hiervan is dat provinsies, soos die Noord-Kaap, eers in Februarie vanjaar hulle droogtehulp kon spandeer, terwyl die droogte eintlik al oor is.”

Verslae wat die organisasie vanuit die provinsies gekry het, dui aan dat geld nie doeltreffend aangewend was nie. “Die staat het skaars die kommersiële boere gehelp. Dit is hartseer want dit is die voedselvoorsieners van die land en hulle is belastingbetalers en groot werksverskaffers.

Blatant teen kommersiële boere gediskrimineer

“Waarom blatant teen kommersiële boere gediskrimineer word gaan ons verstand te bowe.” Hy het ook gesê dat hulle vermoed dat die geld wat die Land Bank vir meestal produksielenings en herkapitalisering bygetel is as hulp vir droogteverligting.

Van der Rheede het aangedui dat Agri SA besig is om sy eie rampbestuursplan saam te stel om gereed vir komende droogtes en vloede te wees.

* Intussen is me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, op soek na die staat se vermiste boorgate. Lees die berig hier.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.12
+0.4%
Rand - Euro
17.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot