
Die Regering is kommersiële boere een voor, skryf dr. Frans Cronjé van die SA instituut vir Rasseverhoudinge op Netwerk24.
Cronjé skryf in 'n Opiniestuk dat kommersiële boere by hierdie punt gekom het deur drie strategiese foute te begaan. Hy sê die eerste fout was dat die georganiseerde landbou gedink het hy kan met die Regering onderhandel rondom hoeveel van hul grond gekonfiskeer behoort te word. (Lees die volledige berig op Netwerk24.)
Cronjé skryf die TLU SA se leiers het egter ’n besonder gesofistikeerde begrip van die Regering se bedoelings in die verband getoon. Hul ontleding en die inligting wat aan hul lede verskaf is, was volkome akkuraat. "Die res van die landbousektor sou daarby baat vind om van hulle te leer – en saam te staan om ’n toekoms vir kommersiële boere te beveilig."
* Lees ook 'n vroeëre berig op Landbou.com waarin Cronjé sê: "Die SAIRV waarsku al jare lank dat die ANC sy oog daarop het om landbougrond te nasionaliseer en nié die skep van ’n nuwe klas swart boere nie."