AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kaap Agri kry ’n nuwe naam

akkreditasie
Die maatskappy se groen kleure en bekende blaar-ikoon het behoue gebly in KAL Groep se nuwe logo. Foto: Verskaf
Die maatskappy se groen kleure en bekende blaar-ikoon het behoue gebly in KAL Groep se nuwe logo. Foto: Verskaf
Aandeelhouers het op ’n jaarvergadering in die Paarl ingestem dat Kaap Agri voortaan KAL Groep Bpk. sal heet.

Dr. Ernest Mussina, waarnemende voorsitter terwyl mnr. George Steyn op reis is, het gesê 99,99% van die aandeelhouers wat gestem het, het ten gunste van die naamverandering gestem.

Dié naamverandering weerspieël die maatskappy se groei en uitbreiding buite die grense van die landboubedryf en die Wes-Kaap oor die afgelope jare.

“Die naam Kaap Agri was deur die jare gepas, aangesien die onderneming se wortels in die landbou was, veral in die Wes-Kaap. Dié landbou- en geografiese verwysings hou egter sekere beperkings in,” het mnr. Sean Walsh, uitvoerende hoof van KAL Groep, verduidelik.

“Die afgelope sewe jaar het ons ’n doelbewuste diversifikasiestrategie gevolg. Die onderneming het ’n meer gediversifiseerde groep geword met handelsaktiwiteite reg oor Suid-Afrika en Namibië wat oor verskeie bedrywe strek.”

Walsh het getoon dat 34% van die maatskappy se inkomste uit brandstof kom, 30% uit geriefskleinhandel, 20% uit die landbou en 16% van algemene kleinhandel.

Hy glo die nuwe naam is ’n beter weerspieëling van dié diversifikasie, wat die area en bedrywe betref waarin die onderneming sake doen.

Die nuwe naam sal ook groter bewustheid onder die beleggingsgemeenskap skep, glo hy. Die maatskappy is in 2017 op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer.

“Ons glo die nuwe naam dui op die rigting waarheen die maatskappy op pad is, maar terselfdertyd respekteer dit ook die maatskappy se wortels,” meen Walsh.

111 jaar oud

Kaap Agri het sy ontstaan in 1912 in die Swartland gehad toe ’n groep boere kragte saamgesnoer het om guano te koop vir hul eie boerderye, maar ook om as bemesting te verkoop. Dié koöperasie het wyd bekend geraak as WPK Landbou in 1995. Kaap Agri is ná ’n aantal samesmeltings gevorm.

Vandag neem die onderneming altesaam 6 752 mense in diens en hy het meer as 270 bedryfseenhede reg oor Suid-Afrika en Namibië. Hy het bykans 33,3 miljoen transaksies in die afgelope boekjaar beklink. Met die nuwe Peg-toevoeging (brandstof- en geriefswinkels) verwag hy om meer as 5 miljoen transaksies per dag te doen.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+1.1%
Rand - Pond
22.28
+0.7%
Rand - Euro
19.71
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
982.42
-0.3%
Palladium
1,443.45
+0.1%
Goud
1,980.92
+0.6%
Silwer
23.03
+0.2%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,046
+0.4%
Alle aandele
75,566
+0.4%
Hulpbronne 10
65,145
-1.0%
Industriële 25
102,639
+0.9%
Finansiële 15
15,417
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot