AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Kaap Agri verkoop TFC Properties vir R445,6 miljoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Kaap Agri se aandeleprys het gister met meer as 8% gestyg nadat die maatskappy aangekondig het dat sy aandeel van 70,5% in The Fuel Company (TFC) Properties vir R445,6 miljoen aan ’n derde party verkoop het, berig Business Day.

TFC Properties besit die eiendomme waarop 21 van Kaap Agri se vulstasies en geriefswinkels bedryf word. TFC gaan voortaan langtermynhuurkontrakte vir die 21 vulstasies hê, terwyl die bedrywighede soos normaal voortgaan sonder dat enige belanghebbendes geraak word.  Geen werknemers gaan afgelê word nie.

Luidens ’n aankondiging op die JSE se Sens-nuusdiens het Kaap Agri besluit om die belang te verkoop nadat hy die opbrengs op die kapitaal wat in TFC se eiendomme belê is, hersien het.

Mnr. Chris Logan, hoofbestuurder van Opportune Investments en ’n aandeelhouer in Kaap Agri, het vroeër vanjaar op Kaap Agri se virtuele jaarvergadering gesê Kaap Agri het sedert 2016 sowat R820 miljoen in TFC belê, wat verlede jaar slegs 10% voorbelaste wins getoon het. Business Day berig TFC het ’n kwart van die Kaap Agri-groep se wins vanaf die begin van die jaar tot einde September gelewer.

Luidens die aankondiging op Sens is TFC Properties vir R502 miljoen gewaardeer. Kaap Agri sal R445,6m realiseer vir sy belang in TFC Properties. Enige opbrengste van die transaksie sal intussen gebruik word om skuld te verminder en geld vir ander beleggings te verskaf.

Mnr. Anthony Clark, ’n onafhanklike ontleder by Small Talk Daily Research, sê hy en ander het Kaap Agri se belegging in TFC teengestaan en dat die swak opbrengste op dié belegging gerasionaliseer moes word. Volgens hom sou die opbrengste op die belegging op lang termyn onhoudbaar gewees het.

“Jy hoef nie die winkel waar jy pasteie verkoop te besit nie. Kaap Agri sal dus terugkeer daarna om die langtermynoperateur te wees van die persele waar hy handel dryf, pleks van die eienaar. Dit behoort hierdie persele se opbrengste vir TFC drasties te verbeter.”

* Hierdie artikel is op 15 Oktober 2021 aangepas.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot