AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kaapse groenteboere skuif Swartland toe

Verstedeliking en misdaad laat talle groenteboere nou na plase in die Swartland en langs die Bergrivier kyk.

Al meer groenteboere trek hul wortels uit die Kaapse Vlakte en Philippi om dit in die Swartland te gaan plant, sê mnr. André Halvorsen, prinsipaal van die eiendomsagentskap Agrifarms.

Volgens hom veroorsaak verstedeliking en misdaad dat groenteboere grond noord van Kaapstad soek en dan veral kyk na plase in die Malmesbury- en Hopefield-omgewing asook langs die Bergrivier.

Goeie groentegrond met spilpunte en voldoende water behaal maklik pryse van sowat R125 000 tot R150 000/ha.

Halvorsen, wat al 25 jaar lank plase bemark, sê baie van die navrae oor plaasgrond in die Wes-Kaap wat hy deesdae kry, is van boere uit die noorde van die land wat wil trek weens steenkoolmyne en grondeise van waar hulle kom.

Halvorsen sê die Swartland is bekend vir bestendige goeie opbrengs per hektaar. “My skoonpa, Joepie de Kock van die De Grendel-landgoed naby Malmesbury, boer al 50 jaar aktief en sê hy het al ‘n swak oes gehad, maar nog nooit ‘n misoes nie.”

Halvorsen sê daar is ’n goeie vraag na grond vir die verbouing van koring, groente en wyn asook gemengde boerdery. Goeie koringproduksiegrond in die Swartland het al pryse van tot R50 000/ha behaal.

'n Koringplaas van 640 ha het verlede jaar teen R42 000/ha verkoop, met 550 ha van die plaas wat bewerkbaar is. Wynplase met oplei-wingerde en 50% wit en 50% rooi druiwe kan sowat R140 000/ha kos indien die plaas se opbrengs 10 tot 12 ton/ha is en die wingerdstokke se gemiddelde ouderdom so 12 jaar is.

In die Darling-omgewing behaal Koringberg-grond egter tussen R10 000 en R20 000/ha, omdat die opbrengs hier gewoonlik laer per hektaar is.

Halvorsen sê die afgelope dekade was die neiging dat landbougrond se waarde met 8% tot 12% gegroei het. Die huidige politieke klimaat kan egter volgens hom ’n demper op die groei plaas.

“Daar is steeds ’n vraag na landbougrond in die Wes-Kaap, maar sekerheid oor grondtransformasie moet so gou moontlik opgelos word sodat boere en werkers kan voortboer om voedselsekerheid vir Suid-Afrika te verskaf.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.08
-0.2%
Silwer
20.66
0.0%
Palladium
2,272.06
+0.5%
Platinum
930.51
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,341
-0.1%
Alle aandele
65,734
-0.2%
Hulpbronne 10
63,419
+0.2%
Industriële 25
79,722
-0.4%
Finansiële 15
14,017
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot