
Die gesamentlike viering van die suiwelbedryf is een van die plesiere van die SA Kaasfees en vanjaar kan besoekers hul liefde vir kaas by die Cape Made: Taste the Alternatives-uistalling uitleef.
Die Wes-Kaapse departement van landbou en Agri-Expo, aanbieders van die fees, werk saam om dié uitstalling aan die publiek te bied. In die Cape Made-kombuis demonstreer sjefs van die Private Hotel School resepte wat spesiaal vir die geleentheid ontwikkel is.
Lekker resepte
“Kaas word vernuftig saam met produkte soos eend, heuning, rooibostee, granate, neute, vanielje, sampioene, olywe en olyfolie ingespan. Die resepte is nou beskikbaar in 'n inspirerende, maar maklik om te gebruik resepboekie weens 'n samewerkingsooreenkoms tussen die WKDL, die Melk Produsente Organisasie (MPO), die Private Hotel School en Agri-Expo, en sal by die fees beskikbaar wees,” lui ’n mediaverklaring Agri-Expo.
“Die MPO, as verteenwoordiger van Sui-Afrika se melkprodusente, glo ons saam met Clifton Fadiman dat kaas melk se sprong tot immortaliteit is,” sê dr. Chris van Dijk, die MPO se hoof uitvoerende beampte. “Ons moet nooit in ’n gemaksone beland met die genieting van kaas nie. Laat ons ons kulinêre grense skietgee deur ’n wyer verskeidenheid kaas op meer wyses te geniet. Hierdie resepteboekie sal verbruikers help om juis dit te doen!”
Me. Susina Jooste, direkteur van die Private Hotel School, sê kaas een van die mees veelsydige bestanddele om mee te kook of bak. “Kaas kan net so maklik in ’n soete bederf omgetower word as die meer tradisionele southappies. Terwyl goeie kwaliteit kaas op sy eie heerlik is, bied dit aan sjefs én tuiskokke ’n magdom opsies vir eksperimentering.”
Bevorder die landbou
“Ons is opgewonde oor die samekoms van twee groot landbourolspelers wat hier sy-aan-sy werk aan die bevordering van die beeld van die landbou, en terselfdertyd op ’n tasbare wyse ’n verskeidenheid plaaslik geproduseerde landbouprodukte binne die versier van die verbruiker bring,” sê mnr. Johan Ehlers, Agri-Expo se hoof uitvoerende beampte. “Agri-Expo se rol is om geleenthede vir die bevordering van die landbou te inisieer en fasiliteer en die Kaasfees dien as die perfekte platform vir 'n gesamentlike viering van die suiwelbedryf.”
“Dit is ’n eer om onder die kaas-vaandel te verenig,” meen me. Joyene Isaacs, hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou. “Hierdie inisiatief bied aan die Wes-Kaapse regering ’n verdere waardevolle geleentheid om sy verantwoordelikheid om blootstelling te bied aan produsente van primêre sowel as verwerkte landbouprodukte, na te kom.”
Kaartjies is by enige Computicket, Shoprite- of Checkers-winkels teen R160 per persoon per dag beskikbaar. Senior burgers betaal R100 en kinders 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Die feestye is 10:00 tot 18:00 daagliks.
Kontak Agri-Expo op tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za vir meer inligting, of besoek www.cheesefestival.co.za of Computicket. Volg die SA Kaasfees op Twitter, Instagram en Facebook.