AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kabeldiefstal kos land miljarde

Kabeldiefstal kos Suid-Afrika se ekonomie sowat R5 miljard per jaar. Dit word as “ekonomiese sabotasie” beskou, sê Agri SA.

Kabeldiefstal kos Suid-Afrika se ekonomie sowat R5 miljard per jaar. Dit word as “ekonomiese sabotasie” beskou, sê Agri SA. Die landbou word veral hard deur die kabeldiefstal getref.


Boere en landbou-ondernemings sit gereeld vir dae lank sonder kommunikasie- en ander infrastruktuur weens dié soort diefstal. Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike veiligheid, sê daar is omtrent nie meer ’n boer in die land wat nie deur dié diefstal geraak word nie.


Besproeiingstelsels word lamgelê, melkerye en kuikenhuise gaan staan en kosproduksie ly onder dié misdaad. “Ons beskou dit as ekonomiese sabotasie. Die probleem is só groot dit strem die produksievermoë van boere.”


Landbouweekblad het onlangs berig dat wynboere met hul hande in die hare sit oor aluminium- en koperdiefstal. Dit is landwyd ’n verskynsel op plase. Genl. Shadrack Sibiya van die SA Polisiediens het onlangs aan die gekose komitee vir ekonomiese ontwikkeling gesê ondanks beter pogings om dié soort misdaad te keer, word min mense daarvoor in hegtenis geneem.


Die polisie het in die boekjaar 2010/’11 beslag gelê op sowat R38 miljoen se gesteelde kabelverwante materiaal wat deur Transnet en Eskom geïnstalleer is. Sowat R265 miljoen se kabels is egter in 2010 gesteel.


Minder gevalle

Volgens Sibiya het die gevalle van kabeldiefstal afgeneem van 4 929 tot 4 280 in die twaalf maande sedert Januarie verlede jaar. Slegs 695 mense is egter tot Januarie verlede jaar in hegtenis geneem en 711 tot Januarie vanjaar.


Sibiya het aan die komitee gesê Suid-Afrika is nou een van die grootste uitvoerders van koper na lande soos China en Indië. Botha meen die SAPD het nie die wil om dié soort misdaad op te los nie.


Die polisie moet die spoor volg van kabel- en koperverwante produkte wat hulle by skroothandelaars op klein dorpies raakloop. Hy sê boere moet sekuriteitspersoneel aanstel en alarmstelsels installeer om in produksie te bly. “Die koste moet êrens verhaal word. Siende dat boere prysnemers is, wonder ek waar dit verhaal gaan word.”


9 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-1.1%
Rand - Pond
20.01
+0.6%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,710.75
-0.3%
Silwer
20.53
-0.6%
Palladium
2,274.00
+0.7%
Platinum
923.39
+0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot